South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Esegiėl 38

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48]

ESEGIĖL 38:1 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesź:
ESEGIĖL 38:2 Mensekind, rig jou aangesig teen Gog, in die land Magog, die vors van Ros, Meseg en Tubal, en profeteer teen hom
ESEGIĖL 38:3 en sź: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal!
ESEGIĖL 38:4 En Ek sal jou weglok en hake in jou kakebene sit en jou laat uittrek en jou hele leėr, perde en ruiters, almal volkome toegerus, 'n groot menigte met die groot en die klein skild, wat almal die swaard hanteer;
ESEGIĖL 38:5 Perse, Kusiete en Putéėrs saam met hulle, almal met skild en helm;
ESEGIĖL 38:6 Gomer en al sy leėrs, die huis van Togarma, in die uithoeke van die Noorde, en al sy leėrs--baie volke saam met jou.
ESEGIĖL 38:7 Hou jou reg en maak jou klaar, jy en al jou menigtes wat by jou vergader het; en wees vir hulle 'n leidsman.
ESEGIĖL 38:8 Nį baie dae sal jy bevel ontvang; aan die einde van die jare sal jy 'n land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat versamel is uit baie volke, op die berge van Israel wat gedurigdeur as puinhoop daar gelź het--ja, dit is uit die volke uitgebring, en hulle woon almal in veiligheid.
ESEGIĖL 38:9 Dan sal jy optrek soos 'n onweer wat aankom, jy sal wees soos 'n wolk om die land te oordek, jy en al jou leėrs en baie volke saam met jou.
ESEGIĖL 38:10 So sź die Here HERE: In dié dag sal daar gedagtes in jou hart opkom, en jy sal 'n listige plan beraam
ESEGIĖL 38:11 en sź: Ek sal optrek teen die land wat ooplź, ek sal kom by rustige mense wat in veiligheid woon; wat almal woon sonder muur en geen grendel of poorte het nie;
ESEGIĖL 38:12 om buit te maak en roof te rowe, om jou hand uit te steek teen die puinhope wat weer bewoon is, en teen 'n volk wat uit die nasies versamel is, wat vee en goed verwerf het, wat op die middelpunt van die aarde woon.
ESEGIĖL 38:13 Skeba en Dedan en die koopmans van Tarsis en al sy jong leeus sal vir jou sź: Kom jy om buit te maak? Het jy jou menigte bymekaar laat kom om roof te rowe? Om silwer en goud weg te dra, om vee en goed weg te neem, om 'n groot buit te maak?
ESEGIĖL 38:14 Daarom, profeteer, o mensekind, en sź aan Gog: So spreek die Here HERE: Sal jy dit nie opmerk in dié dag as my volk Israel veilig woon nie?
ESEGIĖL 38:15 Dan sal jy kom uit jou woonplek, uit die agterhoeke van die Noorde, jy en baie volke saam met jou wat almal op perde ry, 'n groot menigte en 'n magtige leėr;
ESEGIĖL 38:16 en jy sal optrek teen my volk Israel soos 'n wolk om die land te oordek. Aan die einde van die dae sal dit wees--dan sal Ek jou teen my land laat aankom, sodat die nasies My kan ken as Ek My in jou, o Gog, voor hulle oė as die Heilige laat ken.
ESEGIĖL 38:17 So sź die Here HERE: Is jy dit van wie Ek in die voortyd gespreek het deur my knegte, die profete van Israel, wat in dié dae geprofeteer het, jare lank, dat Ek jou teen hulle sal laat aankom?
ESEGIĖL 38:18 Maar in dié dag, die dag as Gog teen die land van Israel aankom, spreek die Here HERE, sal my grimmigheid in my neus opkom.
ESEGIĖL 38:19 Ja, in my ywer spreek Ek, in die vuur van my grimmigheid: Waarlik, in dié dag sal daar 'n groot aardbewing wees in die land van Israel,
ESEGIĖL 38:20 sodat van my aangesig af weg sal bewe die visse van die see en die voėls van die hemel en die wilde diere van die veld en al die gedierte wat op die grond kruip, en al die mense wat op die aarde is; en die berge sal omvergegooi word en die kranse inmekaarstort en al die mure op die aarde val.
ESEGIĖL 38:21 En Ek sal die swaard oproep teen hom na al my berge, spreek die Here HERE; die swaard van die een sal teen die ander wees.
ESEGIĖL 38:22 En Ek sal met hom in die gereg gaan deur pes en deur bloed; en oorstromende stortreėn en haelstene, vuur en swawel op hom laat reėn en op sy leėrs en op baie volke wat saam met hom is.
ESEGIĖL 38:23 So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oė van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500