2 Samuel 23 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
2 SAM 23:1 En dit is die laaste woorde van Dawid: Dawid spreek, die seun van Isai, en die man wat hoog geplaas was, spreek, die gesalfde van die God van Jakob en die lieflike in die sange van Israel:
2 SAM 23:2 Die Gees van die HERE spreek in my, en sy woord is op my tong.
2 SAM 23:3 Die God van Israel het gesę, die Rots van Israel het tot my gespreek: 'n Heerser oor mense, 'n regverdige, 'n heerser in die vrees van God,
2 SAM 23:4 is soos die môrelig by sonsopgang, 'n môre sonder wolke as deur die glans ná die reën grasspruitjies uit die aarde uitkom.
2 SAM 23:5 Want is my huis nie so by God nie? Want Hy het 'n ewige verbond vir my daargestel wat in alles gereël en verseker is; want al my heil en alle welgevalle, ja, sal Hy dit nie laat uitspruit nie?
2 SAM 23:6 Maar deugniete, hulle almal is soos weggegooide dorings, want 'n mens vat dit nie met die hand nie;
2 SAM 23:7 en elkeen wat hulle wil aanraak, wapen homself met 'n yster of die steel van 'n spies, en met vuur word hulle op daardie plek heeltemal verbrand.
2 SAM 23:8 Dit is die name van die helde wat Dawid gehad het: Joseb-Bassebet, 'n Tagkemoniet, die hoof van die adjudante; hy was Adino, die Esniet, teen agt honderd wat op een keer gesneuwel het.
2 SAM 23:9 En ná hom was Eleásar, die seun van Dodo, die Ahohiet, onder die drie helde by Dawid; toe hulle die Filistyne uitgedaag het wat daar bymekaar was om te veg, en die manne van Israel weggetrek het,
2 SAM 23:10 het hy opgestaan en onder die Filistyne geslaan totdat sy hand moeg geword en sy hand aan die swaard gekleef het, sodat die HERE daardie dag 'n groot oorwinning bewerk het. En die manskappe het teruggekom agter hom aan net om te buit.
2 SAM 23:11 En ná hom was Samma, die seun van Age, die Harariet. Toe die Filistyne by Legi bymekaarkom, waar 'n stuk land was vol lensies en die volk vir die Filistyne gevlug het,
2 SAM 23:12 het hy hom opgestel in die middel van die stuk land en dit afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat die HERE 'n groot oorwinning bewerk het.
2 SAM 23:13 En drie van die dertig hoofde het afgetrek en teen die oestyd by Dawid by die spelonk van Adúllam aangekom, terwyl 'n hoop Filistyne in die laer staan in die dal Refáim.
2 SAM 23:14 En Dawid was toe in die bergvesting; en 'n besetting van die Filistyne was toe in Betlehem.
2 SAM 23:15 En Dawid het 'n begeerte voel opkom en gesę: Wie sal vir my water gee om te drink uit die put van Betlehem wat by die poort is?
2 SAM 23:16 Toe het die drie helde deur die laer van die Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem wat by die poort was, en dit gedra en na Dawid gebring; maar hy wou dit nie drink nie, en het dit tot eer van die HERE uitgegiet
2 SAM 23:17 en gesę: Dit is ver van my, HERE, dat ek dit sou doen! Sou ek die bloed drink van die manne wat met lewensgevaar gegaan het? En hy wou dit nie drink nie. Dit het die drie helde gedoen.
2 SAM 23:18 En Abísai, die broer van Joab, die seun van Serúja, hy was hoof van die drie, en hy het sy spies geswaai oor drie honderd wat gesneuwel het, en het 'n naam gehad onder die drie.
2 SAM 23:19 Was hy onder die drie nie geëer nie? sodat hy hulle owerste geword het, maar tot by die eerste drie het hy nie gekom nie.
2 SAM 23:20 Verder Benája, die seun van Jójada, 'n sterk man, groot van daad, uit Kábseël; hy het die twee groot helde van Moab verslaan; en hy het afgegaan en 'n leeu binne-in 'n kuil doodgeslaan op 'n sneeudag.
2 SAM 23:21 Hy het ook 'n Egiptenaar verslaan, 'n mooi man; en in die hand van die Egiptenaar was 'n spies; maar hy het na hom afgegaan met 'n stok en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies doodgesteek.
2 SAM 23:22 Dit het Benája, die seun van Jójada, gedoen; en hy het 'n naam gehad onder die drie helde.
2 SAM 23:23 Hy was geëerd onder die dertig, maar tot by die drie het hy nie gekom nie; en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag.
2 SAM 23:24 Asahel, die broer van Joab, was onder die dertig; Élhanan, die seun van Dodo, uit Betlehem;
2 SAM 23:25 Samma, die Harodiet; Elíka, die Harodiet;
2 SAM 23:26 Heles, die Paltiet; Ira, die seun van Ikkes, die Tekoďet;
2 SAM 23:27 Abiëser, die Anatotiet; Mebunnái, die Husatiet;
2 SAM 23:28 Salmon, die Ahohiet; Máharai, die Netofatiet;
2 SAM 23:29 Heleb, die seun van Baäna, die Netofatiet; Ittai, die seun van Ribai, uit Gíbea van die kinders van Benjamin;
2 SAM 23:30 Benája, die Pirhatoniet; Híddai, uit Nahale-Gaäs;
2 SAM 23:31 Abi-Albon, die Arbatiet; Asmáwet, die Barhumiet;
2 SAM 23:32 Éljagba, die Sáälboniet; die seuns van Jasen; Jónatan;
2 SAM 23:33 Samma, die Harariet; Ahíam, die seun van Sarar, die Harariet;
2 SAM 23:34 Elifélet, die seun van Ahasbái, die seun van 'n Maägatiet; Elíam, die seun van Agitófel, die Giloniet;
2 SAM 23:35 Hésro, die Karmeliet; Páärai, die Arbiet;
2 SAM 23:36 Jigeal, die seun van Natan, uit Soba; Bani, die Gadiet;
2 SAM 23:37 Selek, die Ammoniet; Náharai, die Beërotiet, die wapendraer van Joab, die seun van Serúja;
2 SAM 23:38 Ira, die Jitriet; Gareb, die Jitriet
2 SAM 23:39 Uría, die Hetiet--almal saam sewe en dertig.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase