South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Daniėl 2

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12]

DANIĖL 2:1 En in die tweede jaar van die regering van Nebukadnésar, het Nebukadnésar 'n droom gehad, sodat sy gees onrustig geword het en dit met sy slaap gedaan was.
DANIĖL 2:2 Toe het die koning bevel gegee om die geleerdes en die besweerders en die towenaars en die Chaldeėrs te roep, om vir die koning sy droom uit te lź. Toe hulle kom en voor die koning gaan staan,
DANIĖL 2:3 sź die koning vir hulle: Ek het 'n droom gehad, en my gees is onrustig om die droom te verstaan.
DANIĖL 2:4 Toe het die Chaldeėrs met die koning gespreek Aramees: Mag die koning vir altyd lewe! Vertel u dienaars die droom, en ons sal die uitlegging te kenne gee.
DANIĖL 2:5 Die koning het geantwoord en aan die Chaldeėrs gesź: Die saak staan by my vas: as julle die droom en sy uitlegging nie aan my bekend maak nie, sal julle in stukke gekap en van julle huise mishope gemaak word.
DANIĖL 2:6 Maar as julle die droom en sy uitlegging te kenne gee, sal julle geskenke en gawes en groot eer van my ontvang; gee my daarom die droom en sy uitlegging te kenne.
DANIĖL 2:7 Hulle het vir die tweede maal geantwoord en gesź: Laat die koning die droom aan sy dienaars vertel; dan sal ons die uitlegging te kenne gee.
DANIĖL 2:8 Die koning het geantwoord en gesź: Ek weet verseker dat julle tyd wil win, omdat julle sien dat die saak by my vasstaan;
DANIĖL 2:9 want as julle my die droom nie bekend maak nie, is julle vonnis een en dieselfde; julle het naamlik afgespreek om 'n leuenagtige en bedrieglike woord voor my te spreek totdat die tyd weer verander; daarom, vertel my die droom, dan sal ek weet of julle my sy uitlegging kan te kenne gee.
DANIĖL 2:10 Die Chaldeėrs het voor die koning geantwoord en gesź: Daar is geen mens op die aardbodem wat die koning se saak sou kan te kenne gee nie; daarom het dan ook geen koning, groot of magtig, ooit so iets van enige geleerde of besweerder of Chaldeėr verlang nie.
DANIĖL 2:11 Ja, die saak wat die koning verlang, is swaar, en daar is niemand anders wat dit voor die koning sou kan te kenne gee nie, behalwe die gode wie se woning nie by die vlees is nie.
DANIĖL 2:12 Hieroor het die koning toornig en baie kwaad geword en bevel gegee om al die wyse manne van Babel om te bring.
DANIĖL 2:13 Toe die bevel uitgevaardig is en die wyse manne gedood sou word, het hulle ook Daniėl en sy metgeselle gesoek om gedood te word.
DANIĖL 2:14 Daarop het Daniėl aan Ariog, die owerste van die koninklike lyfwag wat uitgetrek het om die wyse manne van Babel dood te maak, 'n slim en verstandige antwoord gegee.
DANIĖL 2:15 Hy antwoord en sź vir Ariog, die bevelhebber van die koning: Waarom is die bevel van die kant van die koning so streng? Toe het Ariog aan Daniėl die saak meegedeel.
DANIĖL 2:16 Daarop het Daniėl ingegaan en die koning versoek dat hy hom tyd moes gee om die uitlegging aan die koning te kenne te gee.
DANIĖL 2:17 Toe gaan Daniėl na sy huis en maak aan Hanįnja, Mķsael en Asįrja, sy metgeselle, die saak bekend,
DANIĖL 2:18 en dat hulle barmhartigheid van die God van die hemel moes afsmeek oor hierdie geheim, sodat hulle Daniėl en sy metgeselle saam met die orige wyse manne van Babel nie sou ombring nie.
DANIĖL 2:19 Daarop is in 'n naggesig die geheim aan Daniėl geopenbaar. Toe het Daniėl die God van die hemel geloof.
DANIĖL 2:20 Daniėl het toe gespreek en gesź: Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en die krag is syne.
DANIĖL 2:21 Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het;
DANIĖL 2:22 Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom.
DANIĖL 2:23 U, God van my vaders, loof en prys ek, want U het my wysheid en krag verleen, en nou het U my bekend gemaak wat ons van U afgesmeek het, want die saak van die koning het U ons bekend gemaak.
DANIĖL 2:24 Daarom het Daniėl ingegaan na Ariog, wat die koning aangestel het om die wyse manne van Babel om te bring; hy het gegaan en vir hom só gesź: Moenie die wyse manne van Babel ombring nie; bring my in voor die koning, dan sal ek aan die koning die uitlegging te kenne gee.
DANIĖL 2:25 Toe het Ariog Daniėl haastig voor die koning ingebring en só vir hom gesź: Ek het 'n man onder die ballinge van Juda gevind wat die koning die uitlegging bekend sal maak.
DANIĖL 2:26 Die koning het geantwoord en aan Daniėl, wie se naam Béltsasar was, gesź: Is jy in staat om aan my die droom wat ek gesien het, en sy uitlegging bekend te maak?
DANIĖL 2:27 Daniėl het in teenwoordigheid van die koning geantwoord en gesź: Die geheim waarna die koning vra, kan die wyse manne, die besweerders, die geleerdes, die waarsźers nie aan die koning te kenne gee nie.
DANIĖL 2:28 Maar daar is 'n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur. U droom en die gesigte van u hoof op u bed was dit:
DANIĖL 2:29 Wat u betref, o koning, u gedagtes op u bed het opgestyg oor wat hierna sal gebeur, en die Openbaarder van die geheime het u bekend gemaak wat sal gebeur.
DANIĖL 2:30 En wat my betref, hierdie geheim is my geopenbaar, nie deur 'n wysheid wat in my sou wees meer as in al die lewendes nie, maar met die bedoeling dat die uitlegging aan die koning bekend gemaak sal word en u die gedagtes van u hart kan ken.
DANIĖL 2:31 U, o koning, het 'n gesig gehad--kyk, daar was 'n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy glans was buitengewoon; dit het voor u gestaan en sy voorkoms was vreeslik.
DANIĖL 2:32 Wat die beeld betref, sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper,
DANIĖL 2:33 sy bene van yster, sy voete gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei.
DANIĖL 2:34 U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande 'n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het.
DANIĖL 2:35 Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het 'n groot rots geword wat die hele aarde gevul het.
DANIĖL 2:36 Dit is die droom; sy uitlegging sal ons nou voor die koning sź:
DANIĖL 2:37 U, o koning, koning van die konings, aan wie die God van die hemel die koningskap, die krag en die sterkte en die eer verleen het,
DANIĖL 2:38 en in wie se hand Hy in die hele bewoonde wźreld die mensekinders, die diere van die veld en die voėls van die hemel gegee het, sodat Hy u as heerser oor hulle almal aangestel het--ś is die hoof van goud.
DANIĖL 2:39 En nį u sal daar 'n ander koninkryk opstaan, geringer as dié van u; daarna 'n ander, 'n derde koninkryk, van koper, wat oor die hele aarde sal heers;
DANIĖL 2:40 en die vierde koninkryk sal hard wees soos yster, juis omdat yster alles fynstamp en verpletter; en soos die yster wat vergruis, sal hy dit alles fynstamp en vergruis.
DANIĖL 2:41 En dat die voete en die tone, soos u gesien het, deels van pottebakkersklei en deels van yster was--dit sal 'n verdeelde koninkryk wees, en van die hardheid van die yster sal daarin wees, omdat u die yster met kleigrond gemeng gesien het.
DANIĖL 2:42 En dat die tone van die voete deels van yster en deels van klei is--'n gedeelte van die koninkryk sal hard en 'n gedeelte sal bros wees.
DANIĖL 2:43 Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het--hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie.
DANIĖL 2:44 Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel 'n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar 'n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan--
DANIĖL 2:45 net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande 'n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het. Die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar.
DANIĖL 2:46 Toe het koning Nebukadnésar op sy aangesig geval en Daniėl aanbid en bevel gegee om aan hom 'n spysoffer en reukoffers te bring.
DANIĖL 2:47 Die koning het Daniėl geantwoord en gesź: Waarlik, julle God is die God van die gode en die Here van die konings en die Openbaarder van geheimenisse, daarom was jy in staat om hierdie geheim te openbaar.
DANIĖL 2:48 Toe het die koning Daniėl verhef en hom baie, groot geskenke gegee en hom aangestel as heerser oor die hele provinsie Babel en as hoofowerste oor al die wyse manne van Babel.
DANIĖL 2:49 En op versoek van Daniėl het die koning Sadrag, Mesag en Abednégo aangestel oor die bestuur van die provinsie Babel, maar Daniėl was in die paleis van die koning.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500