Deuternomium 25 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
DEUTER 25:1 As daar tussen manne 'n twis is en hulle na die gereg kom en die regters hulle vonnis en die regverdige regverdig verklaar en die skuldige skuldig verklaar,
DEUTER 25:2 as dan die skuldige slae verdien, moet die regter hom laat lê en hom in sy teenwoordigheid met 'n aantal slae laat slaan ooreenkomstig sy skuld;
DEUTER 25:3 veertig slae mag hy hom laat gee, nie meer nie, dat hy hom nie verder met baie slae bo dié laat slaan en jou broer voor jou oë veragtelik gemaak word nie.
DEUTER 25:4 Jy mag 'n os nie muilband as hy graan dors nie.
DEUTER 25:5 As broers bymekaar woon en een van hulle sterwe sonder dat hy 'n seun het, dan mag die vrou van die oorledene nie daarbuite 'n vreemde man s'n word nie; haar swaer moet by haar ingaan en haar as sy vrou neem en die swaershuwelik met haar sluit;
DEUTER 25:6 en die eersgeborene wat sy baar, moet staan op naam van sy oorlede broer, dat sy naam nie uit Israel uitgedelg word nie.
DEUTER 25:7 Maar as dit die man nie beval om sy skoonsuster te neem nie, moet sy skoonsuster na die poort opgaan na die oudstes toe, en sê: My swaer weier om sy broer se naam in Israel in stand te hou; hy wil met my die swaershuwelik nie sluit nie--
DEUTER 25:8 dan moet die oudstes van sy stad hom roep en met hom spreek; bly hy dan daarby staan en sê: Dit beval my nie om haar te neem nie--
DEUTER 25:9 dan moet sy skoonsuster voor die oë van die oudstes na hom toe nader kom en sy skoen van sy voet aftrek en in sy gesig spuug, en sy moet verklaar en sê: So moet met die man gedoen word wat die huis van sy broer nie wil bou nie.
DEUTER 25:10 En sy naam moet in Israel genoem word: Die huis van die kaalvoet.
DEUTER 25:11 As manne met mekaar veg, die een met die ander, en die een se vrou aankom om haar man te red uit die hand van die een wat hom slaan, en haar hand uitsteek en hom by die skaamdele gryp,
DEUTER 25:12 dan moet jy haar hand afkap; jou oog mag nie verskoon nie.
DEUTER 25:13 Jy mag nie twee soorte weegstene, 'n grote en 'n kleintjie, in jou sak hê nie.
DEUTER 25:14 Jy mag in jou huis nie twee soorte efas, 'n grote en 'n kleintjie, hê nie.
DEUTER 25:15 Jy moet 'n volle en regte gewig hê; jy moet 'n volle en regte efa hê; sodat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God jou sal gee.
DEUTER 25:16 Want almal wat hierdie dinge doen, is 'n gruwel vir die HERE jou God--almal wat onreg doen.
DEUTER 25:17 Dink aan wat Amalek op die pad by julle uittog uit Egipte aan jou gedoen het,
DEUTER 25:18 hoe hy jou op die pad teëgekom het en by jou die agterhoede, al die swakkes agter jou, verslaan het terwyl jy moeg en mat was, en hy God nie gevrees het nie.
DEUTER 25:19 As dan die HERE jou God vir jou rus gee van al jou vyande rondom, in die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem, dan moet jy die gedagtenis van Amalek onder die hemel uitdelg; vergeet dit nie.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase