Joshua 15 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
JOS 15:1 En vir die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte, het die lot geval: teen die grens van Edom, suidelik na die woestyn Sin toe, tot ver in die suide;
JOS 15:2 en hulle suidelike lyn was van die end van die Soutsee, van die tong af wat na die suide toe uitsteek;
JOS 15:3 en dit loop aan suid van Skerpioennek en loop oor na Sin en loop op suid van Kades-Barnéa en loop oor na Hesron en loop op na Addar en swaai na Karka toe;
JOS 15:4 dan loop dit oor na Asmon en loop aan na die spruit van Egipte, sodat die lyn doodloop by die see; dit sal julle suidelike lyn wees.
JOS 15:5 En die oostelike lyn: Die Soutsee tot by die mond van die Jordaan. En die lyn aan die noordekant: Van die tong van die see, van die mond van die Jordaan af
JOS 15:6 loop die lyn op na Bet-Hogla en loop oor noord van Bet-Araba; dan loop die lyn op na die klip van Bohan, die seun van Ruben.
JOS 15:7 Verder loop die lyn op na Debir, van die dal Agor af, en swaai dan noord na Gilgal wat teenoor die hoogte van Adúmmim, suidelik van die spruit lę; dan loop die lyn oor na die waters van die fontein Semes, sodat dit doodloop by die fontein Rogel.
JOS 15:8 Verder loop die lyn op na die dal Ben-Hinnom, na die suidelike hang van die Jebusiete, dit is Jerusalem; dan loop die lyn op na die top van die gebergte wat westelik voor die dal Hinnom lę, wat aan die noordelike einde van die dal Refaim is.
JOS 15:9 Van die top van die berg af buig die lyn dan om na die fontein van die waters van Neftóag en loop aan na die stede van die gebergte Efron; verder buig die lyn om na Báäla, dit is Kirjat-Jeárim.
JOS 15:10 Dan swaai die lyn van Báäla af weg in westelike rigting na die gebergte Seďr en loop oor na die noordelike hang van die berg Jeárim, dit is Késalon, en loop af na Bet-Semes en loop oor na Timna.
JOS 15:11 Verder loop die lyn aan noord na die hang van Ekron; dan buig die lyn om na Sikron en loop oor die berg Báäla en loop aan na Jábneël, sodat die lyn doodloop by die see.
JOS 15:12 Die westelike grens was die Groot See saam met sy gebied; dit is die lyn rondom van die kinders van Juda volgens hulle geslagte.
JOS 15:13 Maar aan Kaleb, die seun van Jefúnne, het hy 'n aandeel onder die kinders van Juda gegee, volgens die bevel van die HERE aan Josua: die stad van Arba, die vader van Enak, dit is Hebron.
JOS 15:14 En Kaleb het die drie seuns van Enak: Sesai, Ahíman en Talmai, afstammelinge van Enak, daaruit verdrywe.
JOS 15:15 En daarvandaan het hy opgetrek teen die inwoners van Debir; maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer;
JOS 15:16 en Kaleb het gesę: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan en dit inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee.
JOS 15:17 Daarop het Otniël, die seun van Kenas, die broer van Kaleb, dit ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee.
JOS 15:18 En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van haar vader 'n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, sę Kaleb vir haar: Wat wil jy hę?
JOS 15:19 En sy sę: Gee my tog 'n geskenk; omdat u my na 'n dor land versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee hy haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte.
JOS 15:20 Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte.
JOS 15:21 En die stede van die uiteinde van die stam van Juda se kinders af tot by die grens van Edom was in die suide: Kábseël en Eder en Jagur,
JOS 15:22 en Kina en Dimóna en Adáda,
JOS 15:23 en Kedes en Hasor en Jitnan,
JOS 15:24 Sif en Telem en Béalot,
JOS 15:25 en Hasor-Hadátta en Kériot-Hesron, dit is Hasor;
JOS 15:26 Amam en Sema en Mólada,
JOS 15:27 en Hasar-Gadda en Hesmon en Bet-Palet,
JOS 15:28 en Hasar-Sual en Beër-Seba en Bisjótja,
JOS 15:29 Báäla en Ijjim en Esem,
JOS 15:30 en Éltolad en Kesil en Horma,
JOS 15:31 en Siklag en Madmánna en Sansánna,
JOS 15:32 en Lebáot en Silhim en Ajin en Rimmon; al die stede saam nege en twintig, met hulle dorpe;
JOS 15:33 in die Laeveld: Estáol en Sórea en Asna,
JOS 15:34 en Sanóag en En-Gannim, Tappúag en Enam,
JOS 15:35 Jarmut en Adúllam, Sogo en Aséka,
JOS 15:36 en Saäráim en Adítaim en Gedéra en Gedérotaim: veertien stede met hulle dorpe;
JOS 15:37 Senan en Hadása en Migdal-Gad,
JOS 15:38 en Dilean en Mispe en Jókteël,
JOS 15:39 Lagis en Boskat en Eglon,
JOS 15:40 en Kabbon en Lagmas en Kitlis,
JOS 15:41 en Gedérot, Bet-Dagon en Náäma en Makkéda: sestien stede met hulle dorpe;
JOS 15:42 Libna en Eter en Asan,
JOS 15:43 en Jiftag en Asna en Nesib,
JOS 15:44 en Kehíla en Agsib en Marésa: nege stede met hulle dorpe;
JOS 15:45 Ekron met sy onderhorige plekke en sy dorpe;
JOS 15:46 van Ekron af en na die weste toe, alles wat aan die kant van Asdod lę, met hulle dorpe;
JOS 15:47 Asdod, sy onderhorige plekke en sy dorpe; Gasa, sy onderhorige plekke en sy dorpe, tot by die spruit van Egipte en die Groot See saam met sy gebied;
JOS 15:48 en op die Gebergte: Samir en Jattir en Sogo,
JOS 15:49 en Danna en Kirjat-Sanna, dit is Debir,
JOS 15:50 en Anab en Estémo en Anim,
JOS 15:51 en Gosen en Holon en Gilo: elf stede met hulle dorpe;
JOS 15:52 Arab en Duma en Esean,
JOS 15:53 en Janum en Bet-Tappúag en Aféka,
JOS 15:54 en Humta en Kirjat-Arba, dit is Hebron, en Sior: nege stede met hulle dorpe;
JOS 15:55 Maon, Karmel en Sif en Jutta,
JOS 15:56 en Jísreël en Jókdeam en Sanóag,
JOS 15:57 Kain, Gíbea en Timna: tien stede met hulle dorpe;
JOS 15:58 Halhul, Bet-Sur en Gedor,
JOS 15:59 en Máärat en Bet-Anot en Éltekon: ses stede met hulle dorpe;
JOS 15:60 Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Jeárim, en Rabba: twee stede met hulle dorpe;
JOS 15:61 in die woestyn: Bet-Araba, Middin en Segága,
JOS 15:62 en Nibsan en die Soutstad en Éngedi: ses stede met hulle dorpe.
JOS 15:63 Maar die kinders van Juda kon die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdryf nie; daarom het die Jebusiete saam met die kinders van Juda in Jerusalem bly woon tot vandag toe.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase