South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Rigters 17

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21]

RIGTERS 17:1 Daar was 'n man van die gebergte van Efraim met die naam van Miga.
RIGTERS 17:2 Diť het aan sy moeder gesÍ: die elf honderd sikkels silwer wat van u geneem is en waaroor u 'n vloek uitgespreek het en dit ook voor my ore gesÍ het--hier is die geld by my, ťk het dit geneem. Toe sÍ sy moeder: Mag jy geseŽnd wees deur die HERE, my seun!
RIGTERS 17:3 En hy het aan sy moeder die elf honderd sikkels silwer teruggegee. Maar sy moeder het gesÍ: Ek heilig plegtig die geld aan die HERE; uit my hand is dit vir my seun om 'n gesnede en 'n gegote beeld te maak; ek sal dit dan nou aan jou teruggee.
RIGTERS 17:4 Toe hy dan die geld aan sy moeder teruggegee het, neem sy moeder twee honderd sikkels silwer en gee dit aan 'n goudsmid; en hy het daar 'n gesnede en 'n gegote beeld van gemaak wat in die huis van Miga gekom het.
RIGTERS 17:5 Die man Miga het naamlik 'n godshuis gehad, en hy het 'n skouerkleed en huisgode gemaak en een van sy seuns aangestel om vir hom priester te wees.
RIGTERS 17:6 In diť dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oŽ.
RIGTERS 17:7 En daar was 'n jongman van Betlehem-Juda, uit die geslag van Juda; hy was 'n Leviet wat daar as vreemdeling vertoef het.
RIGTERS 17:8 En die man het uit die stad, uit Betlehem-Juda, getrek om te vertoef waar hy plek kon kry; en op sy reis het hy in die gebergte van Efraim gekom tot by die huis van Miga.
RIGTERS 17:9 En Miga vra hom: Waar kom u vandaan? Toe sÍ hy vir hom: Ek is 'n Leviet, uit Betlehem-Juda, en ek is op trek om te vertoef waar ek plek kan kry.
RIGTERS 17:10 En Miga sÍ vir hom: Bly by my, en wees vir my 'n vader en 'n priester, dan sal ek u jaarliks tien sikkels silwer gee en 'n stel klere en u lewensonderhoud. En die Leviet het gegaan,
RIGTERS 17:11 en die Leviet het ingewillig om by die man te bly; en die jongman was vir hom soos een van sy seuns.
RIGTERS 17:12 En Miga het die Leviet aangestel, sodat die jongman sy priester geword het, en hy was in die huis van Miga.
RIGTERS 17:13 Toe sÍ Miga: Nou weet ek dat die HERE aan my goed sal doen, omdat ek 'n Leviet as priester het.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500