South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

1 Korinthėrs 13

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16]

1 KOR 13:1 Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.
1 KOR 13:2 En al sou ek die gawe van profesie hź en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hź, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.
1 KOR 13:3 En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.
1 KOR 13:4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,
1 KOR 13:5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,
1 KOR 13:6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.
1 KOR 13:7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
1 KOR 13:8 Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieė--hulle sal tot niet gaan; of tale--hulle sal ophou; of kennis--dit sal tot niet gaan.
1 KOR 13:9 Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.
1 KOR 13:10 Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.
1 KOR 13:11 Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind; maar nou dat ek 'n man is, het ek die dinge van 'n kind afgelź.
1 KOR 13:12 Want nou sien ons deur 'n spieėl in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.
1 KOR 13:13 En nou bly geloof, hoop, liefde--hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500