1 Korinthërs 16 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
1 KOR 16:1 Wat die insameling vir die heiliges betref, moet julle ook so doen soos ek vir die gemeentes van Galásië gereël het.
1 KOR 16:2 Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie.
1 KOR 16:3 En wanneer ek aangekom het, sal ek die persone wat julle goedkeur, met briewe stuur om julle gawe na Jerusalem te bring.
1 KOR 16:4 En as dit die moeite werd is dat ek ook gaan, kan hulle saam met my reis.
1 KOR 16:5 Maar ek sal na julle kom nadat ek deur Macedónië gereis het, want ek gaan deur Macedónië.
1 KOR 16:6 En moontlik sal ek by julle vertoef of ook oorwinter, sodat julle my kan voorthelp waarheen ek ook al mag reis.
1 KOR 16:7 Want ek wil julle nie nou net in die verbygaan sien nie, maar ek hoop om 'n tyd lank by julle te bly as die Here dit toelaat.
1 KOR 16:8 Maar ek sal in Éfese bly tot pinkster toe.
1 KOR 16:9 Want 'n groot en kragtige deur het vir my oopgegaan, en daar is baie teëstanders.
1 KOR 16:10 En as Timótheüs kom, sorg dat hy sonder vrees by julle is, want hy doen die werk van die Here net soos ek.
1 KOR 16:11 Laat niemand hom dan minag nie, maar help hom verder in vrede, dat hy na my toe kan kom; want ek wag vir hom saam met die broeders.
1 KOR 16:12 Met betrekking tot die broeder Apollos, by hom het ek sterk aangedring om saam met die broeders na julle te gaan; maar hy was heeltemal onwillig om nou te gaan; hy sal egter gaan wanneer die tyd vir hom geleë is.
1 KOR 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
1 KOR 16:14 Laat alles by julle in liefde geskied.
1 KOR 16:15 En ek versoek julle, broeders--julle weet dat die huisgesin van Stéfanas die eersteling van Acháje is en dat hulle hul tot diens van die heiliges gestel het--
1 KOR 16:16 dat julle ook onderworpe moet wees aan sulke mense en aan elkeen wat saamwerk en arbei.
1 KOR 16:17 En ek verbly my oor die aankoms van Stéfanas en Fortunátus en Acháïcus, omdat hulle my gemis aan julle vergoed het.
1 KOR 16:18 Want hulle het my gees verkwik en julle s'n ook. Erken sulke manne dan.
1 KOR 16:19 Die gemeentes van Asië groet julle. Aquila en Priscílla saam met die gemeente wat in hulle huis is, laat vir julle baie groete weet in die Here.
1 KOR 16:20 Al die broeders groet julle. Groet mekaar met 'n heilige kus.
1 KOR 16:21 Die groete van Paulus, met my eie hand.
1 KOR 16:22 As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom 'n vervloeking wees! Maranáta!
1 KOR 16:23 Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle!
1 KOR 16:24 My liefde met julle almal in Christus Jesus! Amen.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase