Aan die Romeine 16 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
ROMEINE 16:1 Ek beveel by julle aan ons suster Fébé, wat 'n dienares is van die gemeente in Kenchréë,
ROMEINE 16:2 dat julle haar ontvang in die Here, soos dit die heiliges betaam, en haar bystaan in elke saak waarin sy julle nodig mag hê. Want sy was vir baie 'n beskermster en ook vir my.
ROMEINE 16:3 Groet Priscílla en Aquila, my medewerkers in Christus Jesus,
ROMEINE 16:4 wat vir my hulle lewe gewaag het; nie ek alleen dank hulle nie, maar ook al die gemeentes van die heidene.
ROMEINE 16:5 Groet ook die gemeente by hulle aan huis. Groet Epénetus, my geliefde, wat die eersteling van Acháje is vir Christus.
ROMEINE 16:6 Groet Maria wat baie vir ons gearbei het.
ROMEINE 16:7 Groet Andronícus en Júnias, my stamgenote en my medegevangenes, wat in aansien is onder die apostels en reeds voor my in Christus gewees het.
ROMEINE 16:8 Groet Amplias, my geliefde in die Here.
ROMEINE 16:9 Groet Urbánus, ons medewerker in Christus, en Stáchis, my geliefde.
ROMEINE 16:10 Groet Apélles, die beproefde in Christus. Groet hulle wat van die huis van Aristobúlus is.
ROMEINE 16:11 Groet Heródion, my stamgenoot. Groet hulle wat van die huis van Narcíssus is, die wat in die Here is.
ROMEINE 16:12 Groet Triféna en Trifósa, vroue wat in die Here arbei. Groet Pérsis, die geliefde vrou, wat baie in die Here gearbei het.
ROMEINE 16:13 Groet Rufus, die uitverkorene in die Here, en sy moeder en myne.
ROMEINE 16:14 Groet Asínkritus, Flegon, Hermas, Pátrobas, Hermes en die broeders wat saam met hulle is.
ROMEINE 16:15 Groet Filólogus en Julia, Néreus en sy suster en Olímpas en al die heiliges wat saam met hulle is.
ROMEINE 16:16 Groet mekaar met 'n heilige kus. Die gemeentes van Christus groet julle.
ROMEINE 16:17 En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle.
ROMEINE 16:18 Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.
ROMEINE 16:19 Want julle gehoorsaamheid het algemeen bekend geword. Daarom verbly ek my oor julle, en ek wens dat julle wys mag wees teenoor wat goed is, maar onskuldig teenoor wat sleg is.
ROMEINE 16:20 En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.
ROMEINE 16:21 Timótheüs, my medewerker, groet julle, en Lúcius en Jason en Sosípater, my stamgenote.
ROMEINE 16:22 Ek, Tértius, wat die brief geskryf het, groet julle in die Here.
ROMEINE 16:23 Gajus, my gasheer en ook van die hele gemeente, groet julle. Erástus, die penningmeester van die stad, en die broeder Quartus groet julle.
ROMEINE 16:24 Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.
ROMEINE 16:25 Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is,
ROMEINE 16:26 maar nou geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof
ROMEINE 16:27 aan die alleenwyse God, aan Hom die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase