South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Exodus 30

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40]

EXODUS 30:1 Jy moet ook 'n altaar maak om reukwerk te brand. Van akasiahout moet jy dit maak.
EXODUS 30:2 'n El moet sy lengte wees en 'n el sy breedte--vierkantig moet dit wees; en twee el sy hoogte. Sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees.
EXODUS 30:3 En jy moet dit met suiwer goud oortrek: die plaat en die sykante rondom en die horings. En maak daarvoor 'n goue krans rondom.
EXODUS 30:4 Maak ook twee goue ringe daarvoor onderkant die krans aan weerskante; jy moet dié aan die twee sykante maak. En hulle moet dien as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra.
EXODUS 30:5 En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud.
EXODUS 30:6 Sit dit dan voor die voorhangsel wat voor die ark van die Getuienis is, voor die versoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek met jou sal saamkom.
EXODUS 30:7 En Aäron moet daarop reukwerk van speserye aan die brand steek; elke môre as hy die lampe regmaak, moet hy dit aan die brand steek.
EXODUS 30:8 En as Aäron teen die aand die lampe opsteek, moet hy dit aan die brand steek as 'n voortdurende reukwerk voor die aangesig van die HERE in julle geslagte.
EXODUS 30:9 Julle mag daarop geen vreemde reukwerk of brandoffer of spysoffer bring nie. Julle mag ook geen drankoffer daarop uitgiet nie.
EXODUS 30:10 En Aäron moet een maal in die jaar aan die horings daarvan versoening doen; met die bloed van die sondoffer van versoening moet hy een maal in die jaar daarvoor versoening doen vir julle geslagte. Hoogheilig is dit aan die HERE.
EXODUS 30:11 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
EXODUS 30:12 As jy die volle getal van die kinders van Israel opneem volgens hulle geteldes, moet hulle, elkeen vir sy lewe, losgeld aan die HERE gee as hulle getel word, sodat geen plaag onder hulle mag wees as hulle getel word nie.
EXODUS 30:13 Dit moet hulle gee, elkeen wat na die geteldes oorgaan: 'n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom--die sikkel is twintig gera--'n halfsikkel as offergawe aan die HERE.
EXODUS 30:14 Elkeen wat oorgaan na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, moet die offergawe van die HERE gee.
EXODUS 30:15 Die ryke moet nie meer en die arme moet nie minder as 'n halfsikkel bring nie, as hulle die offergawe van die HERE gee om vir julle siele versoening te doen.
EXODUS 30:16 Neem dan die versoeningsgeld van die kinders van Israel en bestee dit aan die bediening van die tent van samekoms, dat dit die kinders van Israel in gedagtenis kan bring voor die aangesig van die HERE, om vir julle siele versoening te doen.
EXODUS 30:17 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
EXODUS 30:18 Jy moet ook 'n koperwaskom maak met sy kopervoetstuk, om in te was; en sit dit tussen die tent van samekoms en die altaar, en gooi water daarin,
EXODUS 30:19 dat Aäron en sy seuns hulle hande en hulle voete daaruit kan was.
EXODUS 30:20 As hulle in die tent van samekoms gaan, moet hulle hul met water was, sodat hulle nie sterwe nie; of as hulle naby die altaar kom om te dien deur 'n vuuroffer aan die HERE aan die brand te steek.
EXODUS 30:21 Hulle moet dan hul hande en hulle voete was, sodat hulle nie sterwe nie. En dit moet vir hulle 'n ewige insetting wees, vir hom en sy nageslag in hulle geslagte.
EXODUS 30:22 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
EXODUS 30:23 En jy, neem vir jou van die beste speserye: vyf honderd sikkels fyn mirre en die helfte soveel geurige kaneel, twee honderd en vyftig sikkels, en twee honderd en vyftig sikkels geurige kalmoes
EXODUS 30:24 en vyf honderd sikkels kassie, volgens die sikkel van die heiligdom, en 'n hin olyfolie;
EXODUS 30:25 en maak daarvan heilige salfolie, 'n salfmengsel soos 'n salfmenger dit maak; heilige salfolie moet dit wees.
EXODUS 30:26 Daarmee moet jy dan die tent van samekoms salf en die ark van die Getuienis
EXODUS 30:27 en die tafel met al sy gereedskap en die kandelaar met sy gereedskap en die reukaltaar
EXODUS 30:28 en die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk.
EXODUS 30:29 So moet jy hulle dan heilig, dat hulle hoogheilig kan wees. Elkeen wat aan hulle raak, word heilig.
EXODUS 30:30 Jy moet ook Aäron en sy seuns salf en hulle heilig om vir My die priesteramp te bedien.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500