Exodus 31 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
EXODUS 31:1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
EXODUS 31:2 Kyk, Ek het Besáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;
EXODUS 31:3 en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk,
EXODUS 31:4 om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper,
EXODUS 31:5 en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk.
EXODUS 31:6 En kyk, Ek het hom Ohóliab bygegee, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak:
EXODUS 31:7 die tent van samekoms en die ark van die Getuienis en die versoendeksel wat daarop moet wees, en alles wat behoort by die tent,
EXODUS 31:8 en die tafel met sy gereedskap en die suiwer kandelaar met al sy gereedskap en die reukaltaar;
EXODUS 31:9 ook die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk
EXODUS 31:10 en die kunstige klere en die heilige klere van die priester Aäron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien;
EXODUS 31:11 ook die salfolie en die reukwerk van speserye vir die heiligdom--net soos Ek jou beveel het, moet hulle dit maak.
EXODUS 31:12 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
EXODUS 31:13 Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is 'n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.
EXODUS 31:14 Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.
EXODUS 31:15 Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees 'n dag van volkome rus, heilig aan die HERE. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word.
EXODUS 31:16 En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as 'n ewige verbond.
EXODUS 31:17 Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig 'n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.
EXODUS 31:18 En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase