South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Openbaring 10

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22]

OPENB 10:1 En ek het 'n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met 'n wolk, en 'n reŽnboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur;
OPENB 10:2 en in sy hand het hy 'n geopende boekie gehad, en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land;
OPENB 10:3 en hy het met 'n groot stem uitgeroep soos 'n leeu wat brul, en toe hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor.
OPENB 10:4 En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het 'n stem uit die hemel vir my hoor sÍ: VerseŽl wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie op nie.
OPENB 10:5 En die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef,
OPENB 10:6 en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie;
OPENB 10:7 maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete.
OPENB 10:8 En die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het weer tot my gespreek en gesÍ: Gaan, neem die geopende boekie in die hand van die engel wat op die see en op die land staan.
OPENB 10:9 En ek het na die engel gegaan en aan hom gesÍ: Gee my die boekie. Toe sÍ hy vir my: Neem en eet dit op, en dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal dit soet wees soos heuning.
OPENB 10:10 Toe neem ek die boekie uit die hand van die engel en eet dit op, en in my mond was dit soet soos heuning; maar toe ek dit geŽet het, het my maag bitter geword.
OPENB 10:11 En hy het vir my gesÍ: Jy moet weer profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500