South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Sagaria 13

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14]

SAGARIA 13:1 In diť dag sal daar 'n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid.
SAGARIA 13:2 En in diť dag, spreek die HERE van die leŽrskare, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei, sodat aan hulle nie meer gedink sal word nie; en ook die profete en die onreine gees sal Ek uit die land laat wegtrek.
SAGARIA 13:3 En as iemand nog wil profeteer, sal sy vader en sy moeder wat hom verwek het, vir hom sÍ: Jy mag nie langer lewe nie, want jy het leuens in die Naam van die HERE verkondig; en sy vader en sy moeder wat hom verwek het, sal hom deurboor as hy wil profeteer.
SAGARIA 13:4 En in diť dag sal elkeen van die profete, as hy profeteer, hom skaam oor sy gesig; en hulle sal die harige mantel nie aantrek om te lieg nie.
SAGARIA 13:5 Maar hy sal sÍ: Ek is geen profeet nie, ek is 'n man wat die grond bewerk; want iemand het my van my jeug af as slaaf gekoop.
SAGARIA 13:6 En as iemand vir hom sÍ: Watter wonde is daardie tussen jou hande? dan sal hy antwoord: So is ek geslaan in die huis van my vriende.
SAGARIA 13:7 Ontwaak, o swaard, teen my herder, en teen die man wat my metgesel is! spreek die HERE van die leŽrskare. Slaan die herder, sodat die skape verstrooi word; en Ek sal my hand weer uitstrek oor die geringes.
SAGARIA 13:8 En in die ganse land, spreek die HERE--twee-derdes sal daarin uitgeroei word, sal sterwe, maar een-derde daarin oorbly.
SAGARIA 13:9 Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos 'n mens silwer smelt en hulle toets soos 'n mens goud toets. Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor. Ek sÍ: Dit is my volk! En hulle sal sÍ: Die HERE, my God!

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500