South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Sagaria 2

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14]

SAGARIA 2:1 En ek het my oŽ opgehef en gekyk--daar was 'n man met 'n meetsnoer in sy hand.
SAGARIA 2:2 Toe sÍ ek: Waar gaan u heen? En hy antwoord my: Om Jerusalem te meet, om te sien wat sy breedte en wat sy lengte is.
SAGARIA 2:3 En meteens kom die engel wat met my gespreek het, vorentoe; en 'n ander engel het te voorskyn gekom, hom tegemoet,
SAGARIA 2:4 aan wie hy sÍ: Loop gou, spreek met hierdie jongman en sÍ: Jerusalem sal lÍ soos 'n oop land weens die menigte van mense en vee daar binne-in.
SAGARIA 2:5 En Ek sal vir hom wees, spreek die HERE, 'n vurige muur rondom en tot heerlikheid daar binne-in.
SAGARIA 2:6 Op, op, vlug uit die Noordland, spreek die HERE! Want Ek het julle na die vier windstreke van die hemel verstrooi, spreek die HERE.
SAGARIA 2:7 Op, o Sion, red jouself, jy wat woon by die dogter van Babel!
SAGARIA 2:8 Want so sÍ die HERE van die leŽrskare: Hy het my gestuur agter heerlikheid aan na die nasies wat julle uitgebuit het; want wie julle aanraak, raak sy oogappel aan.
SAGARIA 2:9 Want kyk, Ek sal my hand oor hulle swaai, sodat hulle 'n buit word vir hulle knegte. Dan sal julle weet dat die HERE van die leŽrskare my gestuur het.
SAGARIA 2:10 Jubel, en wees bly, o dogter van Sion! Want kyk, Ek kom om in jou midde te woon, spreek die HERE.
SAGARIA 2:11 En baie nasies sal hulle in diť dag by die HERE aansluit, en hulle sal My tot 'n volk wees; en Ek sal in jou midde woon. Dan sal jy weet dat die HERE van die leŽrskare my na jou gestuur het.
SAGARIA 2:12 En die HERE sal besit neem van Juda as sy erfdeel op die heilige grond en Jerusalem weer verkies.
SAGARIA 2:13 Swyg alle vlees voor die HERE! Want Hy verhef Hom uit sy heilige woning.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500