South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

2 Kronieke 11

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36]

2 KRON 11:1 En toe Rehábeam in Jerusalem kom, het hy die huis van Juda en Benjamin, honderd en tagtig duisend krygshaftige jongmanne, byeen laat kom om teen Israel oorlog te voer, om die koningskap vir Rehábeam terug te win.
2 KRON 11:2 Maar die woord van die HERE het tot Semája, die man van God, gekom en gesę:
2 KRON 11:3 Spreek met Rehábeam, die seun van Salomo, die koning van Juda, en met die hele Israel in Juda en in Benjamin, en sę:
2 KRON 11:4 So spreek die HERE: Julle mag nie optrek en teen julle broers oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis, want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die woorde van die HERE en omgedraai sonder om teen Jeróbeam op te trek.
2 KRON 11:5 En Rehábeam het in Jerusalem gewoon en stede as vestings opgebou in Juda.
2 KRON 11:6 Hy het naamlik Betlehem opgebou, en Etam en Tekóa;
2 KRON 11:7 en Bet-Sur en Sogo en Adúllam;
2 KRON 11:8 en Gat en Marésa en Sif;
2 KRON 11:9 en Adoráim en Lagis en Aséka;
2 KRON 11:10 en Sorea en Ajalon en Hebron, versterkte stede in Juda en in Benjamin.
2 KRON 11:11 En hy het die vestings versterk en daarin bevelhebbers aangestel met voorrade voedsel en olie en wyn,
2 KRON 11:12 en in elkeen van die stede groot skilde en spiese; en hy het hulle uitermate versterk; en Juda en Benjamin het aan hom behoort.
2 KRON 11:13 En die priesters en die Leviete wat in die hele Israel was, het uit hulle hele grondgebied by hom gestaan.
2 KRON 11:14 Want die Leviete het hulle weiveld en hulle besitting verlaat en na Juda en Jerusalem getrek; want Jeróbeam en sy seuns het hulle verwerp, sodat hulle geen priesters van die HERE meer kon wees nie.
2 KRON 11:15 En hy het vir hom priesters aangestel vir die hoogtes en die veldduiwels en die kalwers wat hy gemaak het.
2 KRON 11:16 En agter hulle aan het uit al die stamme van Israel die wat hulle hart daarop gerig het om die HERE, die God van Israel, te soek, na Jerusalem gekom om aan die HERE, die God van hulle vaders, te offer;
2 KRON 11:17 en hulle het die koninkryk van Juda versterk en Rehábeam, die seun van Salomo, drie jaar lank bemoedig; want drie jaar lank het hulle in die weg van Dawid en van Salomo gewandel.
2 KRON 11:18 En Rehábeam het Maglat, die dogter van Jérimot, die seun van Dawid, en van Abíhail, die dogter van Elíab, die seun van Isai, vir hom as vrou geneem.
2 KRON 11:19 En sy het vir hom seuns gebaar: Jehus en Semárja en Saham.
2 KRON 11:20 En ná haar het hy Máäga, die dogter van Absalom, geneem, en sy het vir hom Abía en Attai en Sisa en Sélomit gebaar.
2 KRON 11:21 En Rehábeam het Máäga, die dogter van Absalom, liewer gehad as al sy vroue en sy byvroue; hy het naamlik agttien vroue geneem en sestig byvroue; en hy het die vader van agt en twintig seuns en sestig dogters geword.
2 KRON 11:22 En Rehábeam het Abía, die seun van Máäga, as hoof, as vors onder sy broers aangestel; want hy wou hom koning maak.
2 KRON 11:23 En hy het verstandig gehandel en van al sy seuns versprei in al die streke van Juda en Benjamin, in al die versterkte stede, en aan hulle voedsel in oorvloed gegee en 'n menigte vroue vir hulle gevra.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500