South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

2 Kronieke 13

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36]

2 KRON 13:1 In die agttiende jaar van koning Jeróbeam het Abía oor Juda koning geword.
2 KRON 13:2 Drie jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Migája, die dogter van Uriël uit Gíbea. En daar was oorlog tussen Abía en Jeróbeam.
2 KRON 13:3 En Abía het die oorlog begin met 'n leër van dapper krygsmanne, vier honderd duisend jong manskappe; en Jeróbeam het hom in slagorde teen hom opgestel met agt honderd duisend jong manskappe, dapper helde.
2 KRON 13:4 Toe gaan Abía bo-op die berg Semaráim staan wat in die gebergte van Efraim is, en sę: Luister na my, Jeróbeam en die hele Israel!
2 KRON 13:5 Behoort julle nie te weet dat die HERE, die God van Israel, die koningskap oor Israel aan Dawid vir ewig gegee het, aan hom en sy seuns as 'n soutverbond nie?
2 KRON 13:6 Maar Jeróbeam, die seun van Nebat, die dienaar van Salomo, die seun van Dawid, het opgestaan en teen sy heer gerebelleer.
2 KRON 13:7 En ligsinnige manne, deugniete, het by hom vergader en hulle versit teen Rehábeam, die seun van Salomo; en Rehábeam was jonk en week van hart, sodat hy hulle geen teëstand kon bied nie.
2 KRON 13:8 En nou dink julle om teëstand te bied aan die koningskap van die HERE in die hand van die seuns van Dawid, omdat julle 'n groot menigte is en daar goue kalwers by julle is wat Jeróbeam vir julle as gode gemaak het.
2 KRON 13:9 Het julle nie die priesters van die HERE, die seuns van Aäron, en die Leviete verdrywe en vir julle priesters gemaak soos die volke van die lande nie? Elkeen wat kom met 'n jong bul en sewe ramme om hom te laat aanstel, dié het priester geword van die wat geen gode is nie.
2 KRON 13:10 Maar ons--die HERE is onse God, en ons het Hom nie verlaat nie; en as priesters dien die seuns van Aäron die HERE, en die Leviete is in die dienswerk.
2 KRON 13:11 En hulle steek brandoffers vir die HERE aan die brand, elke môre en elke aand, en reukwerk van speserye, en hulle sorg vir die toonbrode op die rein tafel en vir die goue kandelaar met sy lampe, om dit elke aand op te steek; want ons onderhou die ordening van die HERE onse God, maar júlle het Hom verlaat.
2 KRON 13:12 En kyk, by ons is God aan die hoof en sy priesters met die alarmtrompette om teen julle alarm te blaas. Kinders van Israel, voer tog nie oorlog teen die HERE, die God van julle vaders nie, want julle sal nie voorspoedig wees nie.
2 KRON 13:13 Maar Jeróbeam het die hinderlaag laat omtrek om hulle van agter by te kom, sodat hulle voor Juda was en die hinderlaag agter hulle.
2 KRON 13:14 En toe Juda omdraai, was die geveg meteens voor en agter hulle; en hulle het die HERE aangeroep, terwyl die priesters op die trompette blaas.
2 KRON 13:15 Daarop hef die manskappe van Juda 'n krygsgeskreeu aan; en toe die manskappe van Juda die krygsgeskreeu aanhef, het God Jeróbeam en die hele Israel voor Abía en Juda verslaan.
2 KRON 13:16 En die kinders van Israel het gevlug vir Juda, en God het hulle in hul hand gegee.
2 KRON 13:17 En Abía met sy manskappe het 'n groot slag onder hulle geslaan, sodat van Israel vyf honderd duisend jong manskappe as gesneuweldes geval het.
2 KRON 13:18 En die kinders van Israel is in dié tyd verneder, maar die kinders van Juda het sterk geword, omdat hulle op die HERE, die God van hulle vaders, gesteun het.
2 KRON 13:19 En Abía het Jeróbeam agternagejaag en stede van hom afgeneem: Bet-el met sy onderhorige plekke, en Jesána met sy onderhorige plekke, en Efron met sy onderhorige plekke.
2 KRON 13:20 En Jeróbeam het geen krag meer behou in die dae van Abía nie, en die HERE het hom swaar getref, sodat hy gesterf het.
2 KRON 13:21 Maar Abía het hom versterk; en hy het vir hom veertien vroue geneem en die vader van twee en twintig seuns en sestien dogters geword.
2 KRON 13:22 En die verdere geskiedenis van Abía, sy weë en sy woorde, is beskrywe in die Uitleg van die profeet Iddo.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500