South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

2 Kronieke 12

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36]

2 KRON 12:1 En toe Rehábeam die koningskap bevestig het en hy sterk was, het hy die wet van die HERE verlaat, en die hele Israel saam met hom.
2 KRON 12:2 Toe het Sisak, die koning van Egipte, in die vyfde jaar van koning Rehábeam, teen Jerusalem opgetrek--omdat hulle ontrou teenoor die HERE gehandel het--
2 KRON 12:3 met twaalf honderd strydwaens en sestig duisend perderuiters; en ontelbaar was die manskappe wat saam met hom uit Egipte gekom het: Líbiërs, Sukkiete en Kusiete.
2 KRON 12:4 En hy het die versterkte stede ingeneem wat aan Juda behoort het, en tot by Jerusalem gekom.
2 KRON 12:5 Daarop kom die profeet Semája na Rehábeam en die owerstes van Juda wat vanweë Sisak in Jerusalem bymekaargekom het, en sę vir hulle: So spreek die HERE: Júlle het My verlaat; daarom gee Ék julle ook oor in die hand van Sisak.
2 KRON 12:6 Hierop het die owerstes van Israel en die koning hulle verootmoedig en gesę: Die HERE is regverdig.
2 KRON 12:7 En toe die HERE sien dat hulle hul verootmoedig, kom die woord van die HERE tot Semája en sę: Hulle het hul verootmoedig: Ek sal hulle nie vernietig nie, maar hulle binnekort uitkoms skenk, en my grimmigheid sal nie deur middel van Sisak oor Jerusalem uitgestort word nie.
2 KRON 12:8 Maar hulle sal sy knegte word, sodat hulle my diens en die diens van die koninkryke van die lande kan leer ken!
2 KRON 12:9 En Sisak, die koning van Egipte, het teen Jerusalem opgetrek en die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning weggeneem; hy het alles weggeneem; hy het ook die goue skilde wat Salomo gemaak het, weggeneem.
2 KRON 12:10 Toe maak koning Rehábeam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die ingang van die koning se huis bewaak.
2 KRON 12:11 So dikwels as die koning in die huis van die HERE ingaan, kom die hardlopers en dra dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers.
2 KRON 12:12 Maar weens sy verootmoediging het die toorn van die HERE van hom gewyk, sodat Hy hom nie geheel en al vernietig het nie; ook was daar in Juda nog goeie dinge.
2 KRON 12:13 En koning Rehábeam het hom versterk in Jerusalem en geregeer; want Rehábeam was een en veertig jaar oud toe hy koning geword het, en het sewentien jaar geregeer in Jerusalem, die stad wat die HERE uit al die stamme van Israel verkies het om sy Naam daar te vestig; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.
2 KRON 12:14 En hy het gedoen wat verkeerd was, want hy het nie sy hart gerig om die HERE te soek nie.
2 KRON 12:15 En die geskiedenis van Rehábeam, die vroeëre en die latere, is dit nie beskrywe in die Geskiedenis van die profeet Semája en van die siener Iddo, volgens geslagsregister nie? En daar was gedurigdeur oorloë tussen Rehábeam en Jeróbeam.
2 KRON 12:16 En Rehábeam het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Abía het in sy plek koning geword.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500