South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Esegiėl 2

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48]

ESEGIĖL 2:1 En Hy het vir my gesź: Mensekind, staan op jou voete, dat Ek met jou kan spreek.
ESEGIĖL 2:2 En die Gees het in my gekom sodra Hy met my gespreek het, en my op my voete laat staan; en ek het Hom gehoor wat met my gespreek het.
ESEGIĖL 2:3 Hy sź toe vir my: Mensekind, Ek stuur jou na die kinders van Israel, na die opstandige nasies wat teen My opgestaan het; hulle en hul vaders het teen My oortree tot hierdie selfde dag toe.
ESEGIĖL 2:4 En die kinders is hard van aangesig en verstok van hart. Ek stuur jou na hulle, en jy moet vir hulle sź: So spreek die Here HERE!
ESEGIĖL 2:5 Maar of hulle nou al luister of nie--want hulle is 'n wederstrewige huis--hulle sal moet erken dat daar 'n profeet in hulle midde gewees het.
ESEGIĖL 2:6 En jy, mensekind, wees nie vir hulle of vir hulle woorde bevrees nie, omdat distels en dorings by jou is, en jy by skerpioene woon; wees nie bevrees vir hulle woorde en wees voor hulle aangesig nie verskrik nie, want hulle is 'n wederstrewige huis.
ESEGIĖL 2:7 Maar jy moet hulle my woorde verkondig, of hulle al luister of nie; want hulle is wederstrewig.
ESEGIĖL 2:8 Maar jy, mensekind, luister na wat Ek jou sź; wees nie wederstrewig soos die wederstrewige huis nie; maak jou mond wyd oop, en eet wat Ek jou gee.
ESEGIĖL 2:9 Toe kyk ek, en daar was 'n hand na my toe uitgesteek, en daarin 'n boekrol!
ESEGIĖL 2:10 En Hy het dit voor my uitgesprei; en dit was beskrywe op die voor-- en agterkant, en daarop was geskrywe klaagliedere en gesug en wee.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500