South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Esegiėl 4

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48]

ESEGIĖL 4:1 En jy, mensekind, neem vir jou 'n baksteen en sit dit voor jou neer, en teken daarop 'n stad, naamlik Jerusalem;
ESEGIĖL 4:2 maak dan 'n beleėring daarteen en bou forte daarteen en gooi 'n wal daarteen op en stel laers daarteen op en lź stormramme daarteen aan rondom.
ESEGIĖL 4:3 Verder, neem jy vir jou 'n ysterpan en sit dit as 'n ystermuur tussen jou en die stad; en rig jou aangesig daarop, en dit sal beleėr wees, en jy moet dit beleėr. 'n Teken is dit vir die huis van Israel.
ESEGIĖL 4:4 Gaan lź ook op jou linkerkant, en sit daarop die ongeregtigheid van die huis van Israel; volgens die getal dae dat jy daarop lź, moet jy hulle ongeregtigheid dra.
ESEGIĖL 4:5 En Ék lź jou die jare van hulle ongeregtigheid op volgens die getal dae, drie honderd en negentig dae, dat jy die ongeregtigheid van die huis van Israel moet dra.
ESEGIĖL 4:6 En as jy met hierdie dae klaar is, moet jy, vir die tweede keer, op jou regterkant gaan lź en die ongeregtigheid van die huis van Juda dra, veertig dae lank: vir elke jaar lź Ek jou een dag op.
ESEGIĖL 4:7 En op die beleėring van Jerusalem moet jy jou aangesig rig terwyl jou arm ontbloot is; en jy moet daarteen profeteer.
ESEGIĖL 4:8 En kyk, Ek sit vir jou toue aan, sodat jy jou nie kan omdraai van die een kant na die ander nie, totdat jy klaar is met die dae van jou beleėring.
ESEGIĖL 4:9 En neem jy vir jou koring en gars en boontjies en lensies en broodmanna en spelt, en gooi dit in een skottel, en maak vir jou daarvan brood; volgens die getal dae dat jy op jou sy lź, drie honderd en negentig dae, moet jy daarvan eet.
ESEGIĖL 4:10 En jou voedsel wat jy moet eet, sal in gewig wees twintig sikkels elke dag; van tyd tot tyd moet jy dit eet.
ESEGIĖL 4:11 Jy moet ook water by die maat drink, die sesde deel van 'n hin; van tyd tot tyd moet jy dit drink.
ESEGIĖL 4:12 En as garskoeke moet jy dit eet en dit op die mis van mensedrek bak voor hulle oė.
ESEGIĖL 4:13 Toe sź die HERE: So sal die kinders van Israel hulle brood onrein eet onder die nasies waarheen Ek hulle sal verdrywe.
ESEGIĖL 4:14 En ek sź: Ag, Here HERE! Kyk, my siel is nooit verontreinig nie, en ek het van my jeug af tot nou toe geen aas of iets wat verskeur is, geėet nie, en daar het geen bedorwe vleis in my mond gekom nie.
ESEGIĖL 4:15 Toe sź Hy vir my: Kyk, Ek het vir jou beesmis gegee in plaas van mensedrek; daarop moet jy jou brood klaarmaak.
ESEGIĖL 4:16 Ook het Hy vir my gesź: Mensekind, kyk, Ek verbreek die staf van die brood in Jerusalem, en hulle sal brood by die gewig en met kommer eet en water by die maat en in stomme smart drink;
ESEGIĖL 4:17 sodat hulle gebrek aan brood en water het, en die een met die ander verstom staan en in hulle ongeregtigheid wegkwyn.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500