South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

HebreŽrs 1

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13]

HEBREňRS 1:1 Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun
HEBREňRS 1:2 wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wÍreld gemaak het.
HEBREňRS 1:3 Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte,
HEBREňRS 1:4 terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy 'n voortrefliker naam geŽrf het as hulle.
HEBREňRS 1:5 Want aan wie van die engele het Hy ooit gesÍ: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom 'n Vader wees, en Hy sal vir My 'n Seun wees?
HEBREňRS 1:6 En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wÍreld inbring, sÍ Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid.
HEBREňRS 1:7 En van die engele sÍ Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme;
HEBREňRS 1:8 maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer;
HEBREňRS 1:9 U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle;
HEBREňRS 1:10 en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.
HEBREňRS 1:11 Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos 'n kleed verslyt,
HEBREňRS 1:12 en soos 'n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie.
HEBREňRS 1:13 En aan watter een van die engele het Hy ooit gesÍ: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete?
HEBREňRS 1:14 Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beŽrwe nie?

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500