South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Hebreërs 8

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13]

HEBREËRS 8:1 Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so 'n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele,
HEBREËRS 8:2 'n Bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie 'n mens nie.
HEBREËRS 8:3 Want elke hoëpriester word aangestel om gawes en offers te bring. Daarom moes Hy ook iets hê om te offer.
HEBREËRS 8:4 Want as Hy op aarde was, sou Hy selfs geen priester wees nie, omdat daar priesters is wat volgens die wet die gawes offer,
HEBREËRS 8:5 hulle wat 'n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien, soos Moses 'n goddelike bevel ontvang het toe hy die tabernakel sou voltooi; want Hy het gesê: Kyk dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat jou op die berg getoon is.
HEBREËRS 8:6 Maar nou het Hy 'n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van 'n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is.
HEBREËRS 8:7 Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir 'n tweede gesoek word nie.
HEBREËRS 8:8 Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda 'n nuwe verbond tot stand sal bring,
HEBREËRS 8:9 nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here.
HEBREËRS 8:10 Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.
HEBREËRS 8:11 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle.
HEBREËRS 8:12 Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.
HEBREËRS 8:13 As Hy sê 'n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500