South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

HebreŽrs 5

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13]

HEBREňRS 5:1 Want elke hoŽpriester wat uit die mense geneem word, tree ten behoewe van mense op in die dinge wat in betrekking tot God staan, om gawes en offers vir die sondes te bring
HEBREňRS 5:2 as een wat kan saamvoel met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self ook met swakheid bevange is.
HEBREňRS 5:3 En daarom juis moet hy, net soos vir die volk, so ook vir homself vanweŽ die sondes offer.
HEBREňRS 5:4 En niemand neem die waardigheid vir homself nie, maar hy wat deur God geroep word, net soos Ašron.
HEBREňRS 5:5 So het Christus ook Homself nie verheerlik om HoŽpriester te word nie, maar Hy het Hom verheerlik wat vir Hom gesÍ het: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.
HEBREňRS 5:6 Soos Hy ook op 'n ander plek sÍ: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisťdek.
HEBREňRS 5:7 Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hům geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs--
HEBREňRS 5:8 Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;
HEBREňRS 5:9 en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, 'n bewerker van ewige saligheid geword
HEBREňRS 5:10 en is deur God genoem 'n hoŽpriester volgens die orde van Melgisťdek;
HEBREňRS 5:11 waaroor ons veel te sÍ het wat swaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor.
HEBREňRS 5:12 Want hoewel julle vanweŽ die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat 'n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie.
HEBREňRS 5:13 Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy 'n kind is.
HEBREňRS 5:14 Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoŽns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500