Livitikus 20 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
LIVITI 20:1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
LIVITI 20:2 Jy moet ook aan die kinders van Israel sê: Elkeen uit die kinders van Israel of uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat van sy kinders aan Molog gee, moet sekerlik gedood word. Die volk van die land moet hom stenig.
LIVITI 20:3 En Ek sal my aangesig teen dié man rig en sal hom uitroei onder sy volk uit; want hy het van sy kinders aan Molog gegee om my heiligdom te verontreinig en my heilige Naam te ontheilig.
LIVITI 20:4 En as die volk van die land hulle oë maar enigsins toemaak vir dié man as hy van sy kinders aan Molog gee, sodat hulle hom nie doodmaak nie,
LIVITI 20:5 dan sal Ek my aangesig rig teen dié man en sy geslag, en Ek sal hom en almal wat agter hom aan hoereer om agter Molog aan te hoereer, uitroei onder hulle volk uit.
LIVITI 20:6 En as 'n persoon hom begewe tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, sal Ek my aangesig teen dié persoon rig en hom uitroei onder sy volk uit.
LIVITI 20:7 Toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is die HERE julle God.
LIVITI 20:8 En onderhou my insettinge en doen dit. Ek is die HERE wat julle heilig.
LIVITI 20:9 Want elkeen wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word. Hy het sy vader of sy moeder gevloek. Sy bloedskuld is op hom.
LIVITI 20:10 En as iemand owerspel doen met 'n man se vrou, owerspel doen met sy naaste se vrou, moet hy en sy wat owerspel doen, sekerlik gedood word.
LIVITI 20:11 En as 'n man met sy vader se vrou gemeenskap het, het hy die skaamte van sy vader ontbloot. Hulle altwee moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.
LIVITI 20:12 En as 'n man met sy skoondogter gemeenskap het, moet hulle altwee sekerlik gedood word. Hulle het 'n gruwelike vermenging bewerk. Hulle bloedskuld is op hulle.
LIVITI 20:13 En as 'n man met 'n manspersoon gemeenskap het soos 'n mens met 'n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.
LIVITI 20:14 En as 'n man 'n vrou en haar moeder neem, is dit 'n skandelike daad; hulle moet hom en dié twee met vuur verbrand: daar mag geen bloedskande onder julle wees nie.
LIVITI 20:15 En as 'n man vleeslike gemeenskap het met 'n dier, moet hy sekerlik gedood word, en die dier moet julle doodslaan.
LIVITI 20:16 En as 'n vrou naby enige dier kom om daarmee te doen te hê, moet jy die vrou en die dier doodslaan. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.
LIVITI 20:17 En as 'n man sy suster neem, sy vader se dogter of sy moeder se dogter, en hy haar skaamte sien en sy sy skaamte sien, is dit 'n skande. Daarom moet hulle voor die oë van die kinders van hulle volk uitgeroei word. Hy het die skaamte van sy suster ontbloot; hy moet sy ongeregtigheid dra.
LIVITI 20:18 En as 'n man met 'n vrou gemeenskap het wat onwel is, en haar skaamte ontbloot hy het haar fontein ontbloot en sy die fontein van haar bloed dan moet hulle altwee uitgeroei word onder hulle volk uit.
LIVITI 20:19 Ook mag jy die skaamte van jou moeder se suster en van jou vader se suster nie ontbloot nie, want hy het sy bloedverwante ontbloot; hulle moet hul ongeregtigheid dra.
LIVITI 20:20 En as 'n man met sy tante gemeenskap het, het hy die skaamte van sy oom ontbloot. Hulle moet hul sonde dra; sonder kinders sal hulle sterwe.
LIVITI 20:21 En as 'n man sy broer se vrou neem, is dit bloedskande. Hy het die skaamte van sy broer ontbloot; sonder kinders sal hulle wees.
LIVITI 20:22 Onderhou dan al my insettinge en al my verordeninge en doen dit, dat die land waarheen Ek julle bring om daarin te woon, julle nie uitspuug nie.
LIVITI 20:23 En julle mag nie wandel in die insettinge van die nasie wat Ek voor julle uit verdrywe nie; want al hierdie dinge het hulle gedoen; daarom het Ek 'n afsku van hulle gekry.
LIVITI 20:24 En Ek het vir julle gesê: Júlle sal hulle land in besit neem, en Ék sal dit aan julle as besitting gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning. Ek is die HERE julle God wat julle van die volke afgesonder het.
LIVITI 20:25 Daarom moet julle 'n onderskeid maak tussen die rein en onrein diere, en tussen die onrein en rein voëls; en maak julleself nie 'n gruwel deur diere of deur voëls of deur enigiets wat op die aarde roer nie wat Ek vir julle afgesonder het deur dit onrein te verklaar.
LIVITI 20:26 En julle moet vir My heilig wees, want Ek, die HERE, is heilig; en Ek het julle van die volke afgesonder om myne te wees.
LIVITI 20:27 En as daar in 'n man of vrou 'n gees van 'n afgestorwene is of 'n gees wat waarsê, moet hulle sekerlik gedood word. Hulle moet gestenig word. Hulle bloedskuld is op hulle.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase