South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Livitikus 24

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27]

LIVITI 24:1 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
LIVITI 24:2 Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar moet bring, om gedurigdeur 'n brandende lamp te hê.
LIVITI 24:3 Aäron moet dit buitekant die voorhangsel van die Getuienis, in die tent van samekoms, regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE, gedurigdeur. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte.
LIVITI 24:4 Hy moet op die rein kandelaar die lampe regmaak om te brand voor die aangesig van die HERE, gedurigdeur.
LIVITI 24:5 Jy moet ook fynmeel neem en twaalf koeke daarvan bak, twee tiendes van 'n efa moet elke koek wees;
LIVITI 24:6 en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in 'n stapel, op die rein tafel voor die aangesig van die HERE.
LIVITI 24:7 En by elke stapel moet jy suiwer wierook byvoeg, wat vir die brood as gedenkoffer moet dien, as vuuroffer aan die HERE.
LIVITI 24:8 Op elke sabbatdag moet hy dit gedurigdeur voor die aangesig van die HERE regsit, van die kant van die kinders van Israel as 'n ewige insetting.
LIVITI 24:9 En dit moet aan Aäron en sy seuns toekom: hulle moet dit in 'n heilige plek eet; want as iets hoogheiligs behoort dit aan hom uit die vuuroffers van die HERE 'n ewige insetting.
LIVITI 24:10 En die seun van 'n Israelitiese vrou maar hy was die seun van 'n Egiptiese man het uitgegaan tussen die kinders van Israel in; en die seun van die Israelitiese vrou en 'n Israelitiese man het met mekaar geveg in die laer.
LIVITI 24:11 Toe het die seun van die Israelitiese vrou die NAAM gelaster en gevloek. Daarom het hulle hom na Moses gebring. En die naam van sy moeder was Sélomit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan.
LIVITI 24:12 En hulle het hom in die gevangenis gesit, dat hulle 'n beslissing kon verkry volgens die uitspraak van die HERE.
LIVITI 24:13 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
LIVITI 24:14 Bring die vloeker buitekant die laer uit, en almal wat dit gehoor het, moet hulle hande op sy hoof lê; dan moet die hele vergadering hom stenig.
LIVITI 24:15 En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sy God vloek, sal hy sy sonde dra.
LIVITI 24:16 En wie die Naam van die HERE laster, moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land as hy die NAAM laster, moet hy gedood word.
LIVITI 24:17 En as iemand enige mens doodslaan, moet hy sekerlik gedood word.
LIVITI 24:18 Maar hy wat 'n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; lewe vir lewe.
LIVITI 24:19 En as iemand aan sy naaste 'n liggaamsgebrek toebring soos hy gedoen het, net so moet ook aan hom gedoen word:
LIVITI 24:20 breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand dieselfde liggaamsgebrek wat hy aan 'n mens toebring, moet ook aan hom toegebring word.
LIVITI 24:21 Hy dan wat 'n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; maar hy wat 'n mens doodslaan, moet gedood word.
LIVITI 24:22 Net een wet moet daar vir julle wees die vreemdeling moet soos die kind van die land wees; want Ek is die HERE julle God.
LIVITI 24:23 Moses het toe met die kinders van Israel gespreek, en hulle het die vloeker buitekant die laer uitgebring en hom gestenig. En die kinders van Israel het gedoen soos die HERE Moses beveel het.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500