Livitikus 26 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
LIVITI 26:1 Julle mag vir julle geen afgode maak nie; en 'n gesnede beeld of 'n klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en 'n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie; want Ek is die HERE julle God.
LIVITI 26:2 My sabbatte moet julle hou en my heiligdom ontsien. Ek is die HERE.
LIVITI 26:3 As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,
LIVITI 26:4 sal Ek julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee.
LIVITI 26:5 En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe oes, en die druiwe oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul brood volop eet en veilig in julle land woon.
LIVITI 26:6 Ook sal Ek vrede gee in die land, sodat julle sal lê en rus sonder dat iemand julle skrikmaak; en Ek sal die wilde diere uit die land laat verdwyn, en geen swaard sal deur julle land trek nie.
LIVITI 26:7 En julle sal jul vyande agtervolg, en hulle sal voor julle val deur die swaard.
LIVITI 26:8 Vyf van julle sal honderd agtervolg, en honderd van julle sal tien duisend agtervolg; en julle vyande sal voor julle val deur die swaard.
LIVITI 26:9 En Ek sal My na julle wend en julle vrugbaar maak en julle vermenigvuldig; en my verbond sal Ek met julle bevestig.
LIVITI 26:10 Julle sal ou koring van vorige jare eet en die oue laat plek maak vir die nuwe.
LIVITI 26:11 En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie.
LIVITI 26:12 En Ek sal in jul midde wandel en vir julle 'n God wees, en júlle sal vir My 'n volk wees.
LIVITI 26:13 Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en Ek het julle jukskeie verbreek en het julle regop laat loop.
LIVITI 26:14 Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie;
LIVITI 26:15 en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge 'n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek
LIVITI 26:16 dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet.
LIVITI 26:17 En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.
LIVITI 26:18 En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig.
LIVITI 26:19 En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper.
LIVITI 26:20 En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie.
LIVITI 26:21 En as julle jul teen My versit en na My nie wil luister nie, sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle sondes.
LIVITI 26:22 En Ek sal die wilde diere van die veld onder julle in stuur, en dié sal julle kinderloos maak en julle vee uitroei en julle verminder, sodat julle paaie verlate sal wees.
LIVITI 26:23 En as julle hierdeur jul nie deur My laat tugtig nie, maar julle teen My versit,
LIVITI 26:24 sal Ek My ook teen julle versit en julle ook sewevoudig tref weens julle sondes.
LIVITI 26:25 En Ek sal 'n swaard oor julle bring wat die wraak van die verbond sal uitoefen; en as julle dan in jul stede terugtrek, sal Ek pes onder julle in stuur, en julle sal in die hand van die vyand oorgegee word.
LIVITI 26:26 As Ek vir julle die staf van die brood verbreek, sal tien vroue julle brood in een oond bak en julle brood by die gewig teruggee; en julle sal eet, maar nie versadig word nie.
LIVITI 26:27 As julle ook hierom nie na My luister nie, maar julle teen My versit,
LIVITI 26:28 sal Ek My in grimmigheid teen julle versit, en Ek sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle sondes.
LIVITI 26:29 En julle sal die vlees van julle seuns eet, en die vlees van julle dogters sal julle eet.
LIVITI 26:30 En Ek sal julle hoogtes verwoes en julle sonpilare verdelg en julle lyke op die lyke van julle drekgode gooi; en my siel sal 'n afsku van julle hê.
LIVITI 26:31 En Ek sal julle stede puinhope maak en julle heiligdomme verwoes en julle lieflike geur nie ruik nie.
LIVITI 26:32 Ja, Ek self sal die land verwoes, sodat julle vyande wat daarin gaan woon, daaroor verstom sal staan.
LIVITI 26:33 En Ek sal julle onder die volke verstrooi en 'n swaard agter julle uittrek; en julle land sal 'n wildernis en julle stede puinhope word.
LIVITI 26:34 Dan sal die land vir sy sabbatte vergoeding kry, al die dae van sy verwoesting, terwyl julle in die land van julle vyande is; dan sal die land rus en vir sy sabbatte vergoeding gee.
LIVITI 26:35 Al die dae van sy verwoesting sal dit rus die rus wat dit nie gehad het in julle sabbatte toe julle daarin gewoon het nie.
LIVITI 26:36 En wat aangaan diegene wat onder julle oorgebly het Ek sal in hulle hart 'n vreesagtigheid bring in die lande van hulle vyande, sodat die geruis van 'n verwaaide blaar hulle op die loop sal ja; en hulle sal vlug, soos 'n mens vir 'n swaard vlug en val sonder dat iemand agtervolg.
LIVITI 26:37 En hulle sal struikel die een oor die ander soos vir die swaard, alhoewel niemand agtervolg nie; en julle sal voor julle vyande nie kan standhou nie.
LIVITI 26:38 Maar julle sal omkom onder die nasies, en die land van julle vyande sal julle verteer.
LIVITI 26:39 En die wat onder julle oorgebly het, sal oor hulle ongeregtigheid wegteer in die lande van julle vyande, ja, ook oor die ongeregtighede van hulle vaders saam met hulle wegteer.
LIVITI 26:40 Dan sal hulle hul ongeregtigheid bely en die ongeregtigheid van hulle vaders deurdat hulle ontrou teen my gehandel het; en ook dat hulle hul teen My versit het,
LIVITI 26:41 sodat Ék My ook teen hulle versit het en hulle in die land van hulle vyande moes bring; of, as hulle onbesnede hart hom dan verneder en hulle dan boet vir hul ongeregtigheid,
LIVITI 26:42 sal Ek dink aan my verbond met Jakob; en ook aan my verbond met Isak en ook aan my verbond met Abraham sal Ek dink, en aan die land sal Ek dink.
LIVITI 26:43 Maar die land moet eers van hulle verlate wees en moet vir sy sabbatte vergoeding kry, terwyl dit woes lê sonder hulle; en húlle sal vir hul ongeregtigheid boet, omdat, ja, omdat hulle my verordeninge verwerp en hulle siel van my insettinge 'n afsku gehad het.
LIVITI 26:44 Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek 'n einde aan hulle sou maak en my verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is die HERE hulle God.
LIVITI 26:45 Maar Ek sal tot hulle beswil dink aan die verbond van die voorvaders wat Ek uit Egipteland voor die oë van die nasies uitgelei het om vir hulle 'n God te wees. Ek is die HERE.
LIVITI 26:46 Dit is die insettinge en die verordeninge en die wette wat die HERE tussen Hom en die kinders van Israel by die berg Sinai deur die diens van Moses gegee het.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase