Jesaja 32 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
JES 32:1 Kyk, 'n koning sal regeer in geregtigheid, en die vorste sal heers volgens reg.
JES 32:2 En elkeen sal wees soos 'n toevlug teen die wind en 'n skuiling teen die stortreën, soos waterstrome in 'n dor streek, soos die skaduwee van 'n swaar rots in 'n land wat versmag.
JES 32:3 Dan sal nie meer verblind wees die oë van die wat sien nie; en die ore van hulle wat hoor, sal luister;
JES 32:4 en die hart van die onbedagsames sal leer om te verstaan, en die tong van die hakkelaars sal gou wees om duidelik te spreek;
JES 32:5 die dwaas sal nie meer 'n edele genoem word nie, en van die skelm sal nie gesê word dat hy vernaam is nie.
JES 32:6 Want 'n dwaas spreek dwaasheid en sy hart bring onheil voort, deur goddeloosheid te bedrywe en dwaling te spreek oor die HERE, deur die begeerte van die hongerige onvervuld te laat en die drank van die dorstige te laat ontbreek.
JES 32:7 En die skelm--sy middele is sleg, hy beraam skandelike dade om die ellendiges te ruïneer met leuentaal, ook as die behoeftige spreek wat reg is.
JES 32:8 Maar die edele beraam edele dade, en hy hou stand in wat edel is.
JES 32:9 Staan op, geruste vroue, hoor my stem! Sorgelose dogters, luister na my woord!
JES 32:10 'n Jaar en 'n paar dae--en julle sal sidder, sorgelose dogters! Want dit is gedaan met die druiwe-oes, daar sal geen insameling van vrugte kom nie.
JES 32:11 Bewe, geruste vroue! Sidder, sorgelose dogters! Trek julle uit, ontbloot julle en gord rougewade om julle lendene.
JES 32:12 Hulle slaan op die bors vanweë die begeerlike velde, vanweë die vrugbare wingerdstok;
JES 32:13 vanweë die akkers van my volk wat met dorings en distels opskiet, ja, vanweë al die huise van vreugde van die uitgelate stad.
JES 32:14 Want die paleis is verlate, die stadsgewoel is in eensaamheid verander; die Heuwel en die Wagtoring dien as spelonke vir ewig, 'n vreugde vir die wilde-esels, 'n weiveld vir die troppe vee--
JES 32:15 totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; dan word die woestyn 'n vrugteboord, en die vrugteboord self word vir 'n bos gereken.
JES 32:16 En die reg woon in die woestyn, en die geregtigheid hou verblyf in die vrugteboord.
JES 32:17 En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid.
JES 32:18 En my volk sal woon in 'n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus.
JES 32:19 Maar dit sal hael as die bos inmekaarstort en die stad wegsak in die laagte.
JES 32:20 Welgeluksalig is julle wat by alle waters saai, wat die voet van os en esel vry laat loop!
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase