South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Numeri 10

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36]

NUMERI 10:1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
NUMERI 10:2 Maak vir jou twee silwertrompette; van dryfwerk moet jy dit maak; en hulle moet vir jou dien om die vergadering byeen te roep en om die laers te laat opbreek.
NUMERI 10:3 As hulle dan daarop blaas, moet die hele vergadering by jou byeenkom by die ingang van die tent van samekoms.
NUMERI 10:4 Maar as hulle op een daarvan blaas, moet by jou byeenkom die owerstes, die stamhoofde van Israel.
NUMERI 10:5 En as julle alarm blaas, moet die laers opbreek wat aan die oostekant staan.
NUMERI 10:6 Maar as julle die tweede keer alarm blaas, moet die laers opbreek wat aan die suidekant staan. Alarm moet hulle blaas as hulle moet opbreek.
NUMERI 10:7 Maar as die vergadering byeen moet kom, moet julle blaas, maar nie alarm maak nie.
NUMERI 10:8 En die seuns van Aäron, die priesters, moet op die trompette blaas; en dié trompette moet vir julle 'n ewige insetting in julle geslagte wees.
NUMERI 10:9 En as julle in jul land in oorlog kom teen die vyand wat met julle veg, moet julle met die trompette alarm blaas; dan sal aan julle gedink word voor die aangesig van die HERE julle God, en julle sal van jul vyande verlos word.
NUMERI 10:10 Op die dag as julle vrolik is, sowel as op julle feestye en by die begin van julle maande moet julle by jul brandoffers en by jul dankoffers op die trompette blaas: hulle sal dien om julle in gedagtenis te bring voor die aangesig van julle God. Ek is die HERE julle God.
NUMERI 10:11 In die tweede jaar, in die tweede maand, op die twintigste van die maand, het die wolk opgetrek van die tabernakel van die Getuienis af.
NUMERI 10:12 En die kinders van Israel het van plek tot plek weggetrek uit die woestyn Sinai, en die wolk het gaan rus in die woestyn Paran.
NUMERI 10:13 So het hulle dan die eerste keer weggetrek volgens die bevel van die HERE deur die diens van Moses.
NUMERI 10:14 En eerste het weggetrek die vaandel van die laer van Juda se kinders volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was Nagson, die seun van Ammínadab.
NUMERI 10:15 En oor die afdeling van die stam van Issaskar se kinders was Netáneël, die seun van Suar.
NUMERI 10:16 En oor die afdeling van die stam van Sébulon se kinders was Elíab, die seun van Helon.
NUMERI 10:17 Toe is die tabernakel afgebreek; en die seuns van Gerson en die seuns van Merári, die draers van die tabernakel, het weggetrek.
NUMERI 10:18 Daarna het weggetrek die vaandel van die laer van Ruben volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was Elísur, die seun van Sedéür.
NUMERI 10:19 En oor die afdeling van die stam van Símeon se kinders was Selúmiël, die seun van Surísaddai.
NUMERI 10:20 En oor die afdeling van die stam van Gad se kinders was Éljasaf, die seun van Réhuel.
NUMERI 10:21 Daarna het die Kehatiete, die draers van die heiligdom, weggetrek. En die ander het die tabernakel opgerig voordat hulle aangekom het.
NUMERI 10:22 Daarna het weggetrek die vaandel van die laer van Efraim se kinders volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was Elisáma, die seun van Ammíhud.
NUMERI 10:23 En oor die afdeling van die stam van Manasse se kinders was Gámliël, die seun van Pedásur.
NUMERI 10:24 En oor die afdeling van die stam van Benjamin se kinders was Abídan, die seun van Gideóni.
NUMERI 10:25 Toe het weggetrek die vaandel van die laer van Dan se kinders wat, volgens hulle leërafdelings, die agterhoede vir al die leërs was; en oor sy afdeling was Ahiëser, die seun van Ammísaddai.
NUMERI 10:26 En oor die afdeling van die stam van Aser se kinders was Págiël, die seun van Ogran.
NUMERI 10:27 En oor die afdeling van die stam van Náftali se kinders was Ahíra, die seun van Enan.
NUMERI 10:28 Dit is die optogte van die kinders van Israel volgens hulle leërafdelings. En hulle het weggetrek.
NUMERI 10:29 En Moses het vir Hobab, die seun van Réhuel, die Midianiet, die swaer van Moses, gesê: Ons trek na die plek waarvan die HERE gesê het: Ek sal dit aan julle gee. Trek saam met ons en ons sal aan jou goed doen; want die HERE het oor Israel goeie dinge gespreek.
NUMERI 10:30 Maar hy het vir hom gesê: Ek sal nie saamtrek nie; maar ek sal na my land en my familie gaan.
NUMERI 10:31 Toe sê hy: Moet ons tog nie verlaat nie, juis daarom dat jy weet hoe ons laer moet opslaan in die woestyn, en jy sal vir ons as oë dien.
NUMERI 10:32 En as jy met ons saamtrek, sal ons daardie goeie wat die HERE aan ons sal doen, ook aan jou doen.
NUMERI 10:33 En hulle het van die berg van die HERE af drie dagreise ver getrek; en die verbondsark van die HERE het drie dagreise ver voor hulle uit getrek om vir hulle 'n rusplek uit te soek.
NUMERI 10:34 En die wolk van die HERE was bedags oor hulle as hulle uit die laer wegtrek.
NUMERI 10:35 En as die ark wegtrek, het Moses gesê: Staan op, HERE, dat u vyande verstrooi kan word en u haters voor u aangesig kan vlug.
NUMERI 10:36 En as dit rus, het hy gesê: Keer terug, HERE, na die tien duisende van die duisende van Israel!

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500