South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Numeri 34

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36]

NUMERI 34:1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesę:
NUMERI 34:2 Gee bevel aan die kinders van Israel en sę vir hulle: As julle in die land Kanaän kom, sal dit die land wees wat aan julle as erfdeel sal val; die land Kanaän volgens sy grense.
NUMERI 34:3 Julle suidekant dan moet van die woestyn Sin af langs Edom wees; en julle suidelike grens moet aan die oostekant van die einde van die Soutsee af wees;
NUMERI 34:4 en julle grens moet suid van Skerpioennek swaai en oorloop na Sin toe, totdat dit doodloop suid van Kades-Barnéa; dan moet dit aanloop na Hasar-Addar en oor na Asmon toe.
NUMERI 34:5 Verder moet die grens swaai van Asmon af na die spruit van Egipte toe, sodat dit by die see doodloop.
NUMERI 34:6 Aangaande die westelike grens, dit moet vir julle die Groot See saam met sy gebied wees; dit moet julle westelike grens wees.
NUMERI 34:7 En dit moet julle noordelike grens wees: van die Groot See af moet julle jul grenslyn trek na die berg Hor.
NUMERI 34:8 Van die berg Hor af moet julle die grenslyn trek tot by die ingang na Hamat; en die grens moet doodloop by Sedad.
NUMERI 34:9 Dan moet die grens aanloop na Sifron toe, en dit moet doodloop by Hasar-Enan. Dit moet julle noordelike grens wees.
NUMERI 34:10 Verder moet julle as jul oostelike grens die lyn trek van Hasar-Enan af na Sefam toe.
NUMERI 34:11 En die grens moet afloop van Sefam af na Ribla toe, oos van Ajin; dan moet die grens afloop en skrams oor die hange van die meer Kinnéret gaan, aan die oostekant.
NUMERI 34:12 Verder moet die grens afloop na die Jordaan totdat dit doodloop by die Soutsee. Dit moet vir julle die land wees volgens sy grense rondom.
NUMERI 34:13 En Moses het aan die kinders van Israel bevel gegee en gesę: Dit is die land wat julle deur die lot as erfdeel sal verwerwe, wat die HERE beveel het om aan die nege stamme en aan die halwe stam te gee.
NUMERI 34:14 Want die stam van die kinders van die Rubeniete volgens hulle families en die stam van die kinders van die Gadiete volgens hulle families en die halwe stam van Manasse het al ontvang--hulle het hul erfdeel ontvang.
NUMERI 34:15 Die twee stamme en die halwe stam het hulle erfdeel aan die oostekant van die Jordaan van Jérigo, teen sonop, ontvang.
NUMERI 34:16 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesę:
NUMERI 34:17 Dit is die name van die manne wat vir julle die land as erfenis moet verdeel: die priester Eleásar en Josua, die seun van Nun.
NUMERI 34:18 Daarby moet julle uit elke stam een owerste neem om die land as erfenis te verdeel.
NUMERI 34:19 En dit is die name van die manne: van die stam van Juda--Kaleb, die seun van Jefúnne;
NUMERI 34:20 en van die stam van Símeon se kinders--Sémuel, die seun van Ammihud;
NUMERI 34:21 van die stam van Benjamin--Elídad, die seun van Kislon;
NUMERI 34:22 en van die stam van Dan se kinders as owerste--Bukki, die seun van Jogli;
NUMERI 34:23 van die kinders van Josef: van die stam van Manasse se kinders as owerste--Hánniël, die seun van Efod;
NUMERI 34:24 en van die stam van Efraim se kinders as owerste--Kémuel, die seun van Siftan;
NUMERI 34:25 en van die stam van Sébulon se kinders as owerste--Elísafan, die seun van Parnag;
NUMERI 34:26 en van die stam van Issaskar se kinders as owerste--Páltiël, die seun van Assan;
NUMERI 34:27 en van die stam van Aser se kinders as owerste--Ahíhud, die seun van Selómi;
NUMERI 34:28 en van die stam van Náftali se kinders as owerste--Pedáel, die seun van Ammihud.
NUMERI 34:29 Dit is hulle aan wie die HERE bevel gegee het om die erfenis vir die kinders van Israel in die land Kanaän te verdeel.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500