South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Numeri 24

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36]

NUMERI 24:1 Toe Bíleam sien dat dit goed was in die oë van die HERE om Israel te seën, het hy hom nie soos die vorige kere tot towery gewend nie, maar sy gesig na die woestyn gedraai.
NUMERI 24:2 Toe Bíleam sy oë opslaan en Israel sien soos hy volgens sy stamme in die laer staan, het die Gees van God op hom gekom.
NUMERI 24:3 En hy het sy spreuk aangehef en gesê: Bíleam, die seun van Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek.
NUMERI 24:4 Die hoorder van die woorde van God spreek, hy wat die gesigte van die Almagtige sien, wat neerval en geopende oë het.
NUMERI 24:5 Hoe mooi is jou tente, o Jakob, jou wonings, o Israel!
NUMERI 24:6 Soos dale met waterlope wat hulle ver uitstrek, soos tuine by 'n rivier, soos alewees wat die HERE geplant het, soos seders by die water.
NUMERI 24:7 Water vloei uit sy emmers, en sy saad is by baie waters. En laat sy koning hoër wees as Agag, en sy koninkryk hom verhef!
NUMERI 24:8 God wat hom uit Egipte uitgelei het, is vir hom soos die horings van 'n buffel; hy sal nasies, sy vyande, verteer en hulle gebeente stukkend breek en met sy pyle verbrysel.
NUMERI 24:9 Hy buig hom, hy gaan lê soos 'n leeu en soos 'n leeuin: wie sal hom opjaag? Geseënd is hulle wat jou seën, en vervloek is hulle wat jou vervloek!
NUMERI 24:10 Toe het Balak baie kwaad geword vir Bíleam en sy hande saamgeslaan, en Balak het aan Bíleam gesê: Ek het jou laat roep om my vyande te vloek, en kyk, jy het nou al drie maal net geseën!
NUMERI 24:11 Trek dan nou gou na jou woonplek! Ek het gesê dat ek jou hoog sal vereer; maar kyk, die HERE het jou van verering teruggehou.
NUMERI 24:12 Toe het Bíleam vir Balak gesê: Het ek nie alreeds met jou boodskappers wat jy na my gestuur het, gespreek en gesê nie:
NUMERI 24:13 Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van die HERE nie oortree om goed of kwaad uit my eie hart te doen nie; wat die HERE spreek, dit sal ek spreek.
NUMERI 24:14 En nou, kyk, ek gaan na my volk toe. Kom, ek sal jou inligting gee, wat hierdie volk jou volk sal aandoen aan die einde van die dae.
NUMERI 24:15 Toe het hy sy spreuk aangehef en gesê: Bíleam, die seun van Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek.
NUMERI 24:16 Die hoorder van die woorde van God spreek, en hy wat die wetenskap van die Allerhoogste ken, wat die gesigte van die Almagtige sien wat neerval en geopende oë het.
NUMERI 24:17 Ek sien hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie: 'n ster kom te voorskyn uit Jakob, en 'n septer kom uit Israel op, en hy verbrysel die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges omver.
NUMERI 24:18 Ook sal Edom 'n besitting wees; en Seïr, sy vyande, sal 'n besitting wees, maar Israel neem toe in krag.
NUMERI 24:19 En laat daar een uit Jakob heers en die vrygeraaktes uit die stede vernietig.
NUMERI 24:20 Toe hy Amalek sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Amalek is die eersteling van die heidene, maar sy einde is ondergang.
NUMERI 24:21 Toe hy die Keniete sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Jou woonplek is vas, en jou nes is gebou op die rots.
NUMERI 24:22 Ewenwel sal Kain tot verwoesting wees. Hoe lank nog? Assur sal jou as gevangene wegvoer.
NUMERI 24:23 Verder het hy sy spreuk aangehef en gesê: Wee, wie sal lewe as God dít beskik?
NUMERI 24:24 En skepe kom van die kant van die Kittiërs af, en hulle verneder Assur en hulle verneder Heber; en hy is ook tot ondergang bestem.
NUMERI 24:25 Toe het Bíleam hom klaargemaak en weggetrek en na sy woonplek teruggekeer. En Balak het ook sy koers gegaan.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500