South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Numeri 12

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36]

NUMERI 12:1 En Mirjam en Aäron het teen Moses gespreek vanweë die Kusitiese vrou wat hy geneem het; want hy het 'n Kusitiese vrou geneem.
NUMERI 12:2 En hulle het gesê: Het die HERE dan maar alleen met Moses gespreek? Het Hy nie ook met ons gespreek nie? En die HERE het dit gehoor.
NUMERI 12:3 Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem.
NUMERI 12:4 Toe het die HERE dadelik met Moses en Aäron en Mirjam gespreek: Julle drie, kom uit na die tent van samekoms! En hulle drie het uitgekom.
NUMERI 12:5 En die HERE het in 'n wolkkolom neergedaal en by die ingang van die tent gaan staan. Daarna het Hy Aäron en Mirjam geroep, en hulle twee het uitgekom.
NUMERI 12:6 Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die HERE is, sal Ek deur 'n gesig My aan hom bekend maak, deur 'n droom sal Ek met hom spreek.
NUMERI 12:7 So is dit nie met my kneg Moses nie: in my hele huis is hy getrou.
NUMERI 12:8 Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur aanskouing en nie deur duister woorde nie; en hy sien die verskyning van die HERE. Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te spreek nie?
NUMERI 12:9 En die toorn van die HERE het teen hulle ontvlam, en Hy het weggegaan.
NUMERI 12:10 En toe die wolk van die tent af weggetrek het, kyk, toe was Mirjam melaats, soos sneeu. En Aäron het Mirjam aangekyk en--sy was melaats!
NUMERI 12:11 Daarop sê Aäron vir Moses: Ag, my heer, lê tog nie op ons die sonde wat ons in ons dwaasheid begaan het nie.
NUMERI 12:12 Laat sy tog nie wees soos 'n dooie van wie se vleis, as hy uit sy moeder se skoot uitgaan, die helfte verteer is nie.
NUMERI 12:13 En Moses het die HERE aangeroep en gesê: o God, maak haar tog gesond!
NUMERI 12:14 Toe sê die HERE vir Moses: As haar vader net maar in haar gesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank beskaamd wees nie? Laat sy sewe dae lank buitekant die laer opgesluit wees, en daarna mag sy opgeneem word.
NUMERI 12:15 En hulle het Mirjam sewe dae lank buitekant die laer opgesluit; en die volk het nie weggetrek voordat Mirjam opgeneem was nie.
NUMERI 12:16 Maar daarna het die volk van Háserot af weggetrek en in die woestyn Paran laer opgeslaan.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500