1 Kronieke 15 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
1 KRON 15:1 En hy het vir hom huise gebou in die stad van Dawid, en 'n plek reggemaak vir die ark van God en daarvoor 'n tent opgeslaan.
1 KRON 15:2 Toe sę Dawid: Niemand mag die ark van God dra nie, behalwe die Leviete; want die HERE het hulle uitverkies om die ark van God te dra en om Hom tot in ewigheid te dien.
1 KRON 15:3 En Dawid het die hele Israel in Jerusalem versamel om die ark van die HERE te bring na sy plek wat hy daarvoor reggemaak het.
1 KRON 15:4 En Dawid het die seuns van Aäron en die Leviete versamel:
1 KRON 15:5 van die seuns van Kehat: Uriël, die owerste, en sy broers, honderd en twintig;
1 KRON 15:6 van die seuns van Merári: Asája, die owerste, en sy broers, twee honderd en twintig;
1 KRON 15:7 van die seuns van Gersom: Joël, die owerste, en sy broers, honderd en dertig;
1 KRON 15:8 van die seuns van Elisáfan: Semája, die owerste, en sy broers, twee honderd;
1 KRON 15:9 van die seuns van Hebron: Éliël, die owerste, en sy broers, tagtig;
1 KRON 15:10 van die seuns van Ussiël: Amminádab, die owerste, en sy broers, honderd en twaalf.
1 KRON 15:11 En Dawid het Sadok en Abjatar, die priesters, en die Leviete Uriël, Asája en Joël, Semája en Éliël en Amminádab laat roep
1 KRON 15:12 en aan hulle gesę: Julle is hoofde van families van die Leviete; heilig julle, julle en jul broers, en bring die ark van die HERE, die God van Israel, op na die plek wat ek daarvoor reggemaak het.
1 KRON 15:13 Want omdat julle in die begin nie by was nie, het die HERE onse God teen ons uitgebreek, omdat ons Hom nie gesoek het soos dit behoort nie.
1 KRON 15:14 Daarop het die priesters en die Leviete hulle geheilig om die ark van die HERE, die God van Israel, te gaan haal.
1 KRON 15:15 En die seuns van die Leviete het die ark van God, soos Moses volgens die woord van die HERE beveel het, op hulle skouers gedra, met die draaghoute op hulle.
1 KRON 15:16 En Dawid het aan die owerstes van die Leviete gesę om hulle broers, die sangers, op te stel met musiekinstrumente, harpe en siters en simbale, om hulle te laat hoor deur die stem met blydskap te verhef.
1 KRON 15:17 Die Leviete het toe Heman, die seun van Joël, opgestel, en uit sy broers Asaf, die seun van Berégja; en uit die seuns van Merári, hulle broers, Etan, die seun van Kusája;
1 KRON 15:18 en saam met hulle hul broers van die tweede rang: Sagaría, en Jasäiël en Semíramot en Jehíël en Unni, Elíab en Benája en Maäséja en Mattítja en Eliféle en Miknéja en Obed-Edom en Jeď-el, die poortwagters;
1 KRON 15:19 en die sangers Heman, Asaf en Etan om met kopersimbale musiek te maak;
1 KRON 15:20 en Sagaría en Asiël en Semíramot en Jehíël en Unni en Elíab en Maäséja en Benája met harpe, met sopraanstemme;
1 KRON 15:21 en Mattítja en Eliféle en Miknéja en Obed-Edom en Jeď-el en Asásja met siters om in die bas leiding te gee.
1 KRON 15:22 En Kenánja, die owerste van die Leviete, was aangestel oor die vervoer; hy het die vervoer gereël want hy het dit verstaan.
1 KRON 15:23 En Berégja en Élkana was poortwagters by die ark.
1 KRON 15:24 En die priesters Sebánja en Jósafat en Netáneël en Amásai en Sagaría en Benája en Eliëser het op die trompette geblaas voor die ark van God uit; en Obed-Edom en Jehía was poortwagters van die ark.
1 KRON 15:25 Dawid en die oudstes van Israel en die owerstes oor duisend het toe gegaan om die verbondsark van die HERE met vreugde uit die huis van Obed-Edom te gaan haal.
1 KRON 15:26 En terwyl God die Leviete help wat die verbondsark van die HERE dra, het hulle sewe bulle en sewe ramme geoffer.
1 KRON 15:27 En Dawid het 'n mantel van fyn linne aangehad, ook al die Leviete wat die ark gedra het, en die sangers en Kenánja, die owerste oor die voordrag van die sangers; en Dawid het 'n linneskouerkleed aangehad.
1 KRON 15:28 En die hele Israel het die verbondsark van die HERE gaan haal met gejuig en basuingeklank en met trompette en simbale, onderwyl hulle musiek maak op harpe en siters.
1 KRON 15:29 Toe die verbondsark van die HERE by die stad van Dawid kom, kyk Migal, die dogter van Saul, deur die venster uit en sien koning Dawid dans en speel, en sy het hom in haar hart verag.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase