1 Kronieke 26 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
1 KRON 26:1 Wat die afdelings van die poortwagters betref, by die Koragiete het behoort Meselémja, die seun van Kore, van die seuns van Ébjasaf.
1 KRON 26:2 En Meselémja het seuns gehad: Sagaría, die eersgeborene, Jedíael, die tweede, Sebádja, die derde, Játniël, die vierde,
1 KRON 26:3 Elam, die vyfde, Jóhanan, die sesde, Eljehóënai, die sewende.
1 KRON 26:4 Obed-Edom het ook seuns gehad: Semája was die eersgeborene, Jósabad die tweede, Joag die derde en Sagar die vierde en Netáneël die vyfde,
1 KRON 26:5 Ammiël die sesde, Issaskar die sewende, Peülletai die agtste; want God het hom geseën.
1 KRON 26:6 Ook vir sy seun Semája is seuns gebore wat in hulle familie geheers het, want hulle was dapper helde.
1 KRON 26:7 Die seuns van Semája was Otni en Réfael en Obed, Élsabad; sy broers, flukse manne: Elíhu en Semágja.
1 KRON 26:8 Hulle almal was uit die seuns van Obed-Edom, hulle en hul seuns en hul broers, flukse manne, bekwaam vir die diens; twee en sestig van Obed-Edom.
1 KRON 26:9 Meselémja het ook seuns en broers gehad, flukse manne, agttien.
1 KRON 26:10 En Hosa, uit die seuns van Merári, het seuns gehad: Simri was die hoof; wel was hy nie die eersgeborene nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel.
1 KRON 26:11 Hilkía was die tweede, Tebálja die derde, Sagaría die vierde; al die seuns en broers van Hosa was dertien.
1 KRON 26:12 Hierdie afdelings van die poortwagters, die gesinshoofde, het die wag gehad net soos hulle broers, om te dien in die huis van die HERE.
1 KRON 26:13 En hulle het die lot gewerp, klein en groot, volgens hulle families vir elke poort.
1 KRON 26:14 En die lot vir die ooste het op Selémja geval; ook vir sy seun Sagaría, wat 'n verstandige raadgewer was, het hulle die lot gewerp; en sy lot het uitgekom vir die noorde;
1 KRON 26:15 op Obed-Edom vir die suide; en op sy seuns vir die huis van die voorrade;
1 KRON 26:16 op Suppim en op Hosa vir die weste by die poort Salléget aan die grootpad wat opdraand loop, wag naas wag.
1 KRON 26:17 Vir die ooste was ses Leviete; vir die noorde daagliks vier; vir die suide daagliks vier; maar by die huis van die voorrade telkens twee.
1 KRON 26:18 By die aanbousel, vir die weste, was vier aan die grootpad, twee by die aanbousel.
1 KRON 26:19 Dit was die afdelings van die poortwagters van die seuns van die Koragiete en van die seuns van Merári.
1 KRON 26:20 En die Leviete, hulle broers, oor die skatte van die huis van God en oor die skatte van die heilige gawes was:
1 KRON 26:21 die seuns van Láedan, die seuns van die Gersoniet Láedan, die familiehoofde van Láedan, die Gersoniet: Jehiëli;
1 KRON 26:22 die seuns van Jehiëli: Setam en Joël, sy broer, was oor die skatte van die huis van die HERE.
1 KRON 26:23 Wat die Amramiete, die Jishariete, die Hebroniete, die Ussiëliete betref,
1 KRON 26:24 Sébuel, die seun van Gersom, die seun van Moses, was owerste oor die skatte.
1 KRON 26:25 En wat sy broers, van Eliëser afkomstig, betref, sy seun was Rehábja, en sy seun Jesaja, en sy seun Joram, en sy seun Sigri, en sy seun Selómot.
1 KRON 26:26 Hierdie Selómot en sy broers was oor al die skatte van die heilige gawes wat koning Dawid en die familiehoofde, en die owerstes oor duisend en oor honderd en die leërowerstes, geheilig het--
1 KRON 26:27 van die oorloë en van die buit het hulle dit geheilig om die huis van die HERE daarmee uit te rus--
1 KRON 26:28 ook alles wat die siener Samuel geheilig het, en Saul, die seun van Kis, en Abner, die seun van Ner, en Joab, die seun van Serúja--wie ook al iets geheilig het, was onder bewaring van Selómot en sy broers.
1 KRON 26:29 Van die Jishariete was Kenánja en sy seuns opsigters en regters oor Israel vir die uitwendige sake;
1 KRON 26:30 van die Hebroniete het Hasábja en sy broers, dapper manne, duisend sewe honderd, die opsig gehad oor Israel, duskant die Jordaan na die weste toe, vir enige werk van die HERE en vir die diens van die koning.
1 KRON 26:31 Van die Hebroniete was Jería die hoof--daar is na die Hebroniete volgens hulle afstamming, volgens families, 'n ondersoek ingestel in die veertigste jaar van die koningskap van Dawid, en daar is onder hulle dapper helde gevind in Jaéser in Gílead--
1 KRON 26:32 en sy broers, dapper manne, twee duisend sewe honderd familiehoofde; en koning Dawid het hulle aangestel oor die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van die Manassiete vir enige saak van God en enige saak van die koning.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase