1 Kronieke 18 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
1 KRON 18:1 En hierna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en hy het Gat met sy onderhorige plekke uit die hand van die Filistyne geneem.
1 KRON 18:2 Hy het ook die Moabiete verslaan, sodat die Moabiete Dawid se belastingpligtige knegte geword het.
1 KRON 18:3 Dawid het ook Hadaréser, die koning van Soba, na Hamat toe verslaan, toe hy getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te bevestig.
1 KRON 18:4 En Dawid het van hom duisend strydwaens en sewe duisend perderuiters en twintig duisend man voetgangers afgeneem; en Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, maar honderd trekperde daarvan laat oorbly.
1 KRON 18:5 En die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadaréser, die koning van Soba, te help; maar Dawid het onder die Arameërs twee en twintig duisend man verslaan.
1 KRON 18:6 En Dawid het wagposte in Aram-Damaskus geplaas, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
1 KRON 18:7 En Dawid het die goue skilde geneem wat die dienaars van Hadaréser gedra het, en dit na Jerusalem gebring.
1 KRON 18:8 En uit Tibhat en uit Kun, stede van Hadaréser, het Dawid ontsaglik veel koper weggeneem; daarvan het Salomo die kopersee en die pilare en die kopergereedskappe gemaak.
1 KRON 18:9 Toe Toü, die koning van Hamat, hoor dat Dawid die hele leërmag van Hadaréser, die koning van Soba, verslaan het,
1 KRON 18:10 stuur hy sy seun Hadóram na koning Dawid om hom na die welstand te vra en hom geluk te wens dat hy teen Hadaréser geveg en hom verslaan het, want Hadaréser was 'n vyand van Toü. Ook allerhande goue en silwer-- en kopervoorwerpe het hy saamgebring.
1 KRON 18:11 Dit het koning Dawid ook aan die HERE geheilig saam met die silwer en die goud wat hy van al die nasies geneem het, van die Edomiete en van die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete.
1 KRON 18:12 Ook het Abísai, die seun van Serúja, die Edomiete in die Soutdal verslaan, agttien duisend.
1 KRON 18:13 En hy het wagposte in Edom geplaas, sodat al die Edomiete knegte van Dawid geword het; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
1 KRON 18:14 En Dawid het oor die hele Israel geregeer en reg en geregtigheid aan sy hele volk gedoen.
1 KRON 18:15 En Joab, die seun van Serúja, was oor die leër; en Jósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.
1 KRON 18:16 En Sadok, die seun van Ahítub, en Ahiméleg, die seun van Abjatar, was priesters, en Sausa was skrywer.
1 KRON 18:17 En Benája, die seun van Jójada, was oor die Kreti en die Pleti, en die oudste seuns van Dawid was in diens van die koning.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase