1 Kronieke 23 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
1 KRON 23:1 Toe Dawid oud en afgeleef was, het hy sy seun Salomo koning oor Israel gemaak.
1 KRON 23:2 En hy het al die vorste van Israel en die priesters en die Leviete bymekaar laat kom.
1 KRON 23:3 En die Leviete is getel, van dertig jaar oud en daarbo, en hulle getal was, hoof vir hoof, agt en dertig duisend man.
1 KRON 23:4 Van hulle moet vier en twintig duisend toesig hou oor die werk in die huis van die HERE en ses duisend opsigters en regters wees;
1 KRON 23:5 en vier duisend poortwagters en vier duisend lofsangers tot eer van die HERE met die instrumente wat ek, het Dawid gesę, gemaak het om lof te sing.
1 KRON 23:6 En Dawid het hulle verdeel in afdelings volgens die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.
1 KRON 23:7 Van die Gersoniete: Láedan en Símeď.
1 KRON 23:8 Die seuns van Láedan was: die hoof Jehíël en Setam en Joël, drie;
1 KRON 23:9 die seuns van Símeď was: Selómit en Hasíël en Haran, drie; dit was die familiehoofde van Láedan.
1 KRON 23:10 En die seuns van Símeď was: Jahat, Sina en Jehus en Bería; dit was die vier seuns van Símeď.
1 KRON 23:11 En Jahat was die hoof, en Sisa die tweede; maar Jehus en Bería het nie baie kinders gehad nie, sodat hulle saam 'n familie, een klas gevorm het.
1 KRON 23:12 Die seuns van Kehat was: Amram, Jishar, Hebron en Ussiël, vier.
1 KRON 23:13 Die seuns van Amram was Aäron en Moses. En Aäron is afgesonder om die hoogheilige dinge te heilig, hy en sy seuns, tot in ewigheid, om offerrook te laat opgaan voor die aangesig van die HERE, om Hom te dien en om in sy Naam tot in ewigheid te seën.
1 KRON 23:14 En wat Moses, die man van God, betref, sy seuns is by die stam van Levi gereken.
1 KRON 23:15 Die seuns van Moses was Gersom en Eliëser;
1 KRON 23:16 die seuns van Gersom: Sébuel, die hoof.
1 KRON 23:17 En die seuns van Eliëser was Rehábja, die hoof; en Eliëser het nie ander seuns gehad nie, maar die seuns van Rehábja het buitengewoon vermeerder;
1 KRON 23:18 die seuns van Jishar: Selómit, die hoof;
1 KRON 23:19 die seuns van Hebron: Jería, die hoof, Amárja, die tweede, Jahásiël, die derde, en Jekámeam, die vierde;
1 KRON 23:20 die seuns van Ussiël: Miga, die hoof, en Jissía, die tweede;
1 KRON 23:21 die seuns van Merári: Magli en Musi; die seuns van Magli: Eleásar en Kis.
1 KRON 23:22 En Eleásar het gesterwe en geen seuns gehad nie, net dogters; en die seuns van Kis, hulle verwante, het hulle geneem.
1 KRON 23:23 Die seuns van Musi was Magli en Eder en Jéremot, drie.
1 KRON 23:24 Dit was die seuns van Levi volgens hulle families, die familiehoofde, soos hulle getel is volgens die getal name, hoof vir hoof, wat die dienswerk in die huis van die HERE gedoen het, van twintig jaar oud en daarbo.
1 KRON 23:25 Want Dawid het gesę: Die HERE, die God van Israel, het aan sy volk rus gegee, en Hy woon in Jerusalem tot in ewigheid;
1 KRON 23:26 so hoef die Leviete dan ook nie meer die tabernakel en al sy voorwerpe vir sy diens te dra nie.
1 KRON 23:27 Want volgens die laaste woorde van Dawid was dit die telling van die kinders van Levi: van twintig jaar oud en daarbo.)
1 KRON 23:28 Maar hulle plek was langs die seuns van Aäron vir die diens in die huis van die HERE, as opsigters oor die voorhowe en oor die kamers en oor die reiniging van al die heilige dinge en oor die dienswerk in die huis van God;
1 KRON 23:29 en vir die toonbrode en vir die fynmeel van die spysoffer en vir die ongesuurde platkoeke en vir die bakplaat en vir die deurmekaargeroerde spysoffer en vir al die inhoudsmate en lengtemate;
1 KRON 23:30 en om môre vir môre te staan om die HERE te loof en te prys, en net so saans;
1 KRON 23:31 en vir al die offerwerk van die brandoffers aan die HERE op die sabbatte, op die nuwemane en op die feestye, in getal volgens die verordeninge daarvoor, gedurigdeur voor die aangesig van die HERE.
1 KRON 23:32 So moes hulle dan die diens waarneem van die tent van samekoms en die diens van die heiligdom en die diens tot hulp van die seuns van Aäron, hulle broers, vir die dienswerk in die huis van die HERE.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase