South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

1 Kronieke 27

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29]

1 KRON 27:1 En dit is die seuns van Israel volgens hulle getal, die familiehoofde en die owerstes oor duisend en oor honderd en hulle opsigters, wat die koning gedien het in al die sake van die afdelings wat maand vir maand gedurende al die maande van die jaar ingekom en uitgegaan het; elke afdeling was vier en twintig duisend:
1 KRON 27:2 oor die eerste afdeling vir die eerste maand was Jasóbeam, die seun van Sábdiël; en by sy afdeling was vier en twintig duisend.
1 KRON 27:3 Uit die seuns van Peres was hy die hoof van al die leërowerstes vir die eerste maand.
1 KRON 27:4 En oor die afdeling vir die tweede maand was Dódai, die Ahohiet; en oor sy afdeling was die bevelhebber Miklot; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
1 KRON 27:5 Die derde leërowerste vir die derde maand was Benája, die seun van Jójada, die hoëpriester, en by sy afdeling was vier en twintig duisend.
1 KRON 27:6 Hierdie Benája was 'n held van die dertig en oor die dertig, en oor sy afdeling was sy seun, Ammísabad.
1 KRON 27:7 Die vierde vir die vierde maand was Asahel, die broer van Joab, en ná hom sy seun Sebádja; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
1 KRON 27:8 Die vyfde vir die vyfde maand was die owerste Samhut, die Jisragiet; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
1 KRON 27:9 Die sesde vir die sesde maand was Ira, die seun van Ikkes, die Tekoďet; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
1 KRON 27:10 Die sewende vir die sewende maand was Heles, die Peloniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
1 KRON 27:11 Die agtste vir die agtste maand was Síbbegai, die Husatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
1 KRON 27:12 Die negende vir die negende maand was Abiëser, die Anatotiet, van die Benjaminiete; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
1 KRON 27:13 Die tiende vir die tiende maand was Máharai, die Netofatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
1 KRON 27:14 Die elfde vir die elfde maand was Benája, die Pireatoniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
1 KRON 27:15 Die twaalfde vir die twaalfde maand was Héldai, die Netofatiet, van Otniël afkomstig; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
1 KRON 27:16 En oor die stamme van Israel: bevelhebber oor die Rubeniete was Eliëser, die seun van Sigri; oor die Simeoniete was Safátja, die seun van Máäga;
1 KRON 27:17 oor die Leviete was Hasábja, die seun van Kémuel; oor die Aäroniete, Sadok;
1 KRON 27:18 oor Juda was Elíhu, uit die broers van Dawid; oor Issaskar was Omri, die seun van Mígael;
1 KRON 27:19 oor Sébulon was Jismája, die seun van Obádja; oor Náftali was Jérimot, die seun van Asriël;
1 KRON 27:20 oor die seuns van Efraim was Hoséa, die seun van Asásja; oor die halwe stam van Manasse was Joël, die seun van Pedája;
1 KRON 27:21 oor die halwe Manasse in Gílead was Iddo, die seun van Sagaría; oor Benjamin was Jaäsiël, die seun van Abner;
1 KRON 27:22 oor Dan was Asáreël, die seun van Jeróham. Dit was die owerstes van die stamme van Israel.
1 KRON 27:23 Maar Dawid het die getal van die wat twintig jaar oud was en daaronder, nie laat opneem nie; want die HERE het gesę dat Hy Israel sou vermeerder soos die sterre aan die hemel.
1 KRON 27:24 Joab, die seun van Serúja, het begin tel, maar nie voleindig nie, omdat hieroor 'n toorn oor Israel gekom het; daarom is die getal nie opgeneem in die optelling in die Kronieke van koning Dawid nie.
1 KRON 27:25 En oor die skatte van die koning was Asmáwet, die seun van Adiël; en oor die skatte in die land, in die stede en in die dorpe en in die torings, was Jónatan, die seun van Ussía.
1 KRON 27:26 En oor die landarbeiders, vir die landbou, was Esri, die seun van Kelub.
1 KRON 27:27 En oor die wingerde was Símeď, die Ramatiet; en oor wat in die wingerde was aan wynvoorrade, was Sabdi, die Sifmiet.
1 KRON 27:28 En oor die olyfbome en die wildevyebome wat in die Laeveld is, was Baäl-Hanan, die Gederiet; en oor die olievoorrade was Joas.
1 KRON 27:29 En oor die beeste wat in Saron gewei het, was Sítrai, die Saroniet; maar oor die beeste in die vlaktes was Safat, die seun van Adlai.
1 KRON 27:30 En oor die kamele was Obil, die Ismaeliet; en oor die eselinne was Jégdeja, die Meronotiet.
1 KRON 27:31 En oor die kleinvee was Jasis, die Hagriet. Hulle almal was owerstes oor die besittinge van koning Dawid.
1 KRON 27:32 En Jónatan, die oom van Dawid, was raadgewer; hy was 'n man van deursig en 'n geleerde; en Jéhiël, die seun van Hagmóni, was by die seuns van die koning.
1 KRON 27:33 En Agitófel was raadgewer van die koning; en Húsai, die Arkiet, was die vriend van die koning.
1 KRON 27:34 En ná Agitófel: Jójada, die seun van Benája, en Abjatar; en die leërowerste van die koning was Joab.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500