1 Kronieke 24 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
1 KRON 24:1 Ook die seuns van Aäron het hulle afdelings gehad. Die seuns van Aäron was Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar.
1 KRON 24:2 Maar Nadab en Abíhu het in teenwoordigheid van hulle vader gesterwe, en hulle het geen seuns gehad nie, sodat Eleásar en Itamar die priesteramp bedien het.
1 KRON 24:3 En Dawid saam met Sadok, uit die seuns van Eleásar, en Ahiméleg, uit die seuns van Itamar, het hulle volgens hulle amp in hul diens ingedeel.
1 KRON 24:4 Maar toe dit blyk dat die seuns van Eleásar talryker was aan gesinshoofde as die seuns van Itamar, het hulle dié so ingedeel: vir die seuns van Eleásar sestien familiehoofde en vir die seuns van Itamar volgens hulle families agt.
1 KRON 24:5 En hulle het hul deur die lot verdeel, die een sowel as die ander; want daar was heilige vorste en vorste van God uit die seuns van Eleásar en onder die seuns van Itamar.
1 KRON 24:6 En Semája, die seun van Netáneël, die skrywer, uit die Leviete, het hulle opgeskrywe in teenwoordigheid van die koning en die vorste en die priester Sadok en Ahiméleg, die seun van Abjatar, en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete; een familie is uitgeloot vir Eleásar, en telkens weer vir Itamar.
1 KRON 24:7 En die eerste lot het uitgekom vir Jójarib, die tweede vir Jedája,
1 KRON 24:8 die derde vir Harim, die vierde vir Seórim,
1 KRON 24:9 die vyfde vir Malkía, die sesde vir Mijámin,
1 KRON 24:10 die sewende vir Hakkos, die agtste vir Abía,
1 KRON 24:11 die negende vir Jésua, die tiende vir Segánja,
1 KRON 24:12 die elfde vir Éljasib, die twaalfde vir Jakim,
1 KRON 24:13 die dertiende vir Huppa, die veertiende vir Jesébeab,
1 KRON 24:14 die vyftiende vir Bilga, die sestiende vir Immer,
1 KRON 24:15 die sewentiende vir Hesir, die agttiende vir Happísses,
1 KRON 24:16 die negentiende vir Petágja, die twintigste vir Eségiël,
1 KRON 24:17 die een en twintigste vir Jagin, die twee en twintigste vir Gamul,
1 KRON 24:18 die drie en twintigste vir Delája, die vier en twintigste vir Maäsja.
1 KRON 24:19 Dit was hulle ampsorde vir hul diens, om in die huis van die HERE te gaan volgens die verordening deur hul vader Aäron aan hulle, soos die HERE, die God van Israel, hom beveel het.
1 KRON 24:20 Wat die orige seuns van Levi betref, van die seuns van Amram: Súbael; van die seuns van Súbael: Jégdeja.
1 KRON 24:21 Wat Rehábja betref, van die seuns van Rehábja: Jissía, die hoof.
1 KRON 24:22 Van die Jishariete: Selómot; van die seuns van Selómot: Jahat.
1 KRON 24:23 En die seuns van Hebron: Jería, die eerste; Amárja, die tweede; Jahásiël, die derde; Jekámeam, die vierde.
1 KRON 24:24 Die seuns van Ussiël: Miga; van die seuns van Miga: Samir.
1 KRON 24:25 Die broer van Miga was Jissía; van die seuns van Jissía: Sagaría.
1 KRON 24:26 Die seuns van Merári was Magli en Musi; die seuns van sy seun Jaäsía.
1 KRON 24:27 Die seuns van Merári deur sy seun Jaäsía was Soham en Sakkur en Hibri.
1 KRON 24:28 Van Magli: Eleásar; dié het geen seuns gehad nie.
1 KRON 24:29 Wat Kis betref, die seuns van Kis was Jerágmeël.
1 KRON 24:30 En die seuns van Musi was Magli en Eder en Jérimot. Dit was die seuns van die Leviete volgens hulle families.
1 KRON 24:31 En hulle het ook die lot gewerp net soos hulle broers, die seuns van Aäron, in teenwoordigheid van koning Dawid en Sadok en Ahiméleg en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete: die familiehoof net soos sy jonger broer.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase