South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 14

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31]

SPREUKE 14:1 Die wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.
SPREUKE 14:2 Wie in sy opregtheid wandel, vrees die HERE; maar hy wat verkeerd is in sy weë, verag Hom.
SPREUKE 14:3 In die mond van die sot is 'n roede vir sy trots, maar die lippe van die wyse bewaar hulle.
SPREUKE 14:4 Waar geen beeste is nie, is die krip leeg, maar deur die krag van die os is die inkomste baie.
SPREUKE 14:5 'n Betroubare getuie lieg nie, maar 'n valse getuie strooi leuens uit.
SPREUKE 14:6 Die spotter soek wysheid, en dit is nie daar nie; maar vir die verstandige is kennis maklik.
SPREUKE 14:7 Gaan weg voor 'n dwase man, want jy het daar niks gemerk van die lippe van kennis nie.
SPREUKE 14:8 Die wysheid van die skrandere is om sy weg te verstaan, maar die sotheid van die dwase is bedrog.
SPREUKE 14:9 Die skuldoffer spot met die dwase, maar tussen die opregtes is daar welwillendheid.
SPREUKE 14:10 Die hart ken sy eie verdriet, en in sy blydskap kan 'n ander hom nie meng nie.
SPREUKE 14:11 Die huis van die goddelose word verdelg, maar die tent van die opregtes bloei.
SPREUKE 14:12 Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
SPREUKE 14:13 Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so 'n blydskap is bekommernis.
SPREUKE 14:14 Uit sy eie wandel word die verkeerde van hart versadig, maar die goeie man uit syne.
SPREUKE 14:15 Die eenvoudige glo elke woord, maar die skrandere let op sy voetstappe.
SPREUKE 14:16 Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue.
SPREUKE 14:17 Wie kortgebonde is, begaan sotheid; en 'n slinkse man word gehaat.
SPREUKE 14:18 Die eenvoudiges verkry sotheid as 'n erfenis, maar die skranderes word met kennis gekroon.
SPREUKE 14:19 Die slegtes moet buig voor die goeies, en die goddelose by die poorte van die regverdige.
SPREUKE 14:20 Die arme word selfs deur sy naaste gehaat, maar die vriende van die ryke is talryk.
SPREUKE 14:21 Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig.
SPREUKE 14:22 Verdwaal hulle nie wat onheil bewerk nie? Maar liefde en trou is vir die wat die goeie bewerk.
SPREUKE 14:23 In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek.
SPREUKE 14:24 Die kroon van die wyse is hulle rykdom, die sotheid van die dwase bly sotheid.
SPREUKE 14:25 'n Betroubare getuie red lewens, maar hy wat leuens uitstrooi, is bedrog.
SPREUKE 14:26 In die vrees van die HERE lê 'n sterk sekerheid, ook vir die kinders van 'n sodanige sal daar 'n toevlug wees.
SPREUKE 14:27 Die vrees van die HERE is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.
SPREUKE 14:28 In die menigte van die volk lê die heerlikheid van die koning, maar in die gebrek aan mense die ondergang van die vors.
SPREUKE 14:29 Die lankmoedige is groot van verstand, maar die kortgebondene behaal sotheid.
SPREUKE 14:30 'n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog 'n verrotting vir die gebeente.
SPREUKE 14:31 Wie die geringe verdruk, versmaad sy Maker, maar hy wat hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom.
SPREUKE 14:32 In sy ongeluk word die goddelose omgestoot, maar die regverdige vind 'n toevlug by sy dood.
SPREUKE 14:33 Wysheid rus in die hart van die verstandige, word selfs rugbaar te midde van die dwase.
SPREUKE 14:34 Geregtigheid verhoog 'n volk, maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies.
SPREUKE 14:35 Die welbehae van die koning is vir 'n verstandige dienaar, maar een wat skande maak, is 'n voorwerp van sy grimmigheid.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500