Spreuke van Salomo 24 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
SPREUKE 24:1 Wees nie afgunstig op die kwaaddoeners nie, en begeer nie om met hulle saam te wees nie.
SPREUKE 24:2 Want hulle hart bedink verwoesting, en hulle lippe spreek moeite.
SPREUKE 24:3 Deur wysheid word 'n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig;
SPREUKE 24:4 en deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed.
SPREUKE 24:5 'n Wyse man is sterk, en 'n man van kennis ontwikkel krag.
SPREUKE 24:6 Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers.
SPREUKE 24:7 Die wysheid is vir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie.
SPREUKE 24:8 Hy wat hom voorneem om kwaad te doen, word 'n skelm genoem.
SPREUKE 24:9 Die sonde is 'n dwase voorneme, en die spotter is 'n gruwel vir die mensdom.
SPREUKE 24:10 Gedra jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort.
SPREUKE 24:11 Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!
SPREUKE 24:12 As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! --sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? En Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mens na sy werk.
SPREUKE 24:13 Eet heuning, my seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte.
SPREUKE 24:14 Erken dat die wysheid só is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.
SPREUKE 24:15 Loer nie, o goddelose, op die woning van die regverdige, verwoes sy verblyfplek nie.
SPREUKE 24:16 Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.
SPREUKE 24:17 As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie,
SPREUKE 24:18 dat die HERE dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie.
SPREUKE 24:19 Vererg jou nie oor die kwaaddoeners nie, wees nie afgunstig op die goddelose nie.
SPREUKE 24:20 Want die kwaaddoener het geen toekoms nie, die lamp van die goddelose gaan dood.
SPREUKE 24:21 My seun, vrees die HERE en die koning, laat jou nie in met oproerige mense nie.
SPREUKE 24:22 Want skielik sal hulle ongeluk opkom, en die uitgang van hulle jare, wie weet dit?
SPREUKE 24:23 Ook hierdie spreuke is van die wyse manne afkomstig. Om partydig te wees in die gereg, is verkeerd.
SPREUKE 24:24 Hy wat vir die skuldige sê: Jy het reg! --die volke sal hom vervloek, die nasies sal hom verwens.
SPREUKE 24:25 Maar met die wat onpartydig straf, gaan dit goed; en oor hulle kom die seën van voorspoed.
SPREUKE 24:26 Hy wat regte antwoorde gee, soen die lippe.
SPREUKE 24:27 Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die land in orde; daarna moet jy dan jou huis bou.
SPREUKE 24:28 Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei?
SPREUKE 24:29 Moenie sê nie: Soos hy aan my gedoen het, so sal ek aan hom doen--ek sal die man vergelde na sy werk.
SPREUKE 24:30 Ek het by die land van 'n lui man verbygeloop en langs die wingerd van 'n verstandelose mens,
SPREUKE 24:31 en kyk, dit was heeltemal toegegroei van die dorings, sy oppervlakte was oordek met brandnekels en sy klipmuur omgegooi.
SPREUKE 24:32 En ek het dit aanskou, ja, daarop gelet, gekyk, en lering aangeneem:
SPREUKE 24:33 Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande-vou om uit te rus;
SPREUKE 24:34 dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos 'n gewapende man.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase