South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 27

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31]

SPREUKE 27:1 Beroem jou nie op die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal bring nie.
SPREUKE 27:2 Laat 'n ander jou prys en nie jou eie mond nie; 'n vreemde, en nie jou eie lippe nie.
SPREUKE 27:3 Swaar is 'n klip, en die sand het gewig; maar die ergernis oor 'n sot is swaarder as altwee.
SPREUKE 27:4 Woede is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid standhou?
SPREUKE 27:5 Openlike teregwysing is beter as verborge liefde.
SPREUKE 27:6 Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur 'n vyand is oorvloedig.
SPREUKE 27:7 'n Versadigde siel vertrap die heuningstroop, maar vir 'n hongerige siel is alles wat bitter is, soet.
SPREUKE 27:8 Soos 'n voël wat ver van sy nes af rondvlieg, so is 'n man wat ver van sy tuisplek af rondswerwe.
SPREUKE 27:9 Olie en reukwerk verbly die hart, net so die aangenaamheid van 'n vriend vanweë welgemeende raad.
SPREUKE 27:10 Moenie jou vriend en die vriend van jou vader verlaat nie, en kom nie in die huis van jou broer op die dag van jou teëspoed nie. 'n Buurman wat naby is, is beter as 'n broer wat ver is.
SPREUKE 27:11 Wees wys, my seun, en verbly my hart, sodat ek hom wat my smaad, kan antwoord gee.
SPREUKE 27:12 As 'n skrandere die onheil sien, verberg hy hom; maar die eenvoudiges gaan verder, word gestraf.
SPREUKE 27:13 Neem sy kleed weg, want hy het vir 'n ander borg gestaan; en neem hom as pand vir 'n onbekende.
SPREUKE 27:14 Wie vroeg in die môre sy naaste met 'n harde stem 'n seën toeroep, dit sal hom as 'n vloek aangereken word.
SPREUKE 27:15 'n Aanhoudende gedrup op die dag van 'n stortreën en 'n twisgierige vrou is net eenders.
SPREUKE 27:16 Wie haar wil teëhou, hou wind teë, en sy regterhand ontmoet olie.
SPREUKE 27:17 Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander.
SPREUKE 27:18 Wie 'n vyeboom oppas, sal sy vrugte eet; en hy wat vir sy heer sorg, sal geëer word.
SPREUKE 27:19 Soos in die water aangesig teenoor aangesig is, so is die hart van die mens teenoor die mens.
SPREUKE 27:20 Die doderyk en die plek van vertering word nie versadig nie; so word die oë van 'n mens nie versadig nie.
SPREUKE 27:21 Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, so is 'n man volgens die roem wat hy geniet.
SPREUKE 27:22 Al stamp jy die sot in 'n stampblok tussen graankorrels met 'n stamper, sy sotheid sal nie van hom wyk nie.
SPREUKE 27:23 Gee noukeurig ag op die voorkoms van jou skape, rig jou aandag op die troppe vee;
SPREUKE 27:24 want 'n skat is nie vir ewig nie--of sal 'n kroon wees van geslag tot geslag?
SPREUKE 27:25 As die gras verdwyn en die jong gras verskyn en die bossies van die berge bymekaargemaak word,
SPREUKE 27:26 dan is daar lammers vir jou kleding en bokke as 'n koopprys vir grond,
SPREUKE 27:27 en genoeg bokmelk as voeding vir jou huis en as lewensonderhoud vir jou diensmeisies.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500