South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 4

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31]

SPREUKE 4:1 Hoor, julle seuns, na die tug van die vader, en luister om insig te leer ken;
SPREUKE 4:2 want ek gee aan julle goeie lering, verlaat my onderwysing nie.
SPREUKE 4:3 Want toe ek 'n seun was by my vader, teer en 'n enigste voor my moeder,
SPREUKE 4:4 het hy my geleer en vir my gesê: Laat jou hart my woorde vashou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe.
SPREUKE 4:5 Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie:
SPREUKE 4:6 verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak.
SPREUKE 4:7 Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.
SPREUKE 4:8 Hou dit hoog, dan sal dit jou verhoog; dit sal jou eer as jy dit omhels.
SPREUKE 4:9 Dit sal 'n lieflike krans gee vir jou hoof, dit sal jou 'n sierlike kroon verskaf.
SPREUKE 4:10 Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word.
SPREUKE 4:11 In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree;
SPREUKE 4:12 as jy loop, sal jou treë nie belemmer word nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.
SPREUKE 4:13 Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want dit is jou lewe.
SPREUKE 4:14 Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie.
SPREUKE 4:15 Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby;
SPREUKE 4:16 want hulle kan nie slaap as hulle geen kwaad doen nie; en hulle slaap is weg as hulle nie tot 'n val bring nie.
SPREUKE 4:17 Want hulle eet brood van goddeloosheid en drink wyn van gewelddadigheid.
SPREUKE 4:18 Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe,
SPREUKE 4:19 is die weg van die goddelose soos duisternis: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.
SPREUKE 4:20 My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde,
SPREUKE 4:21 laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart.
SPREUKE 4:22 Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en 'n genesing vir hulle hele liggaam.
SPREUKE 4:23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.
SPREUKE 4:24 Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.
SPREUKE 4:25 Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou.
SPREUKE 4:26 Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees,
SPREUKE 4:27 wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500