South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 5

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31]

SPREUKE 5:1 My seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig,
SPREUKE 5:2 dat jy volle oorleg kan behou en jou lippe kennis kan bewaar;
SPREUKE 5:3 want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie,
SPREUKE 5:4 maar op die end is sy bitter soos wilde-als, soos 'n swaard aan weerskante skerp.
SPREUKE 5:5 Haar voete daal na die dood toe af, haar treŽ streef na die doderyk toe.
SPREUKE 5:6 Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet.
SPREUKE 5:7 Luister dan nou na my, julle seuns, en wyk nie af van die woorde van my mond nie.
SPREUKE 5:8 Hou jou weg ver van haar af, en kom nie naby die deur van haar huis nie,
SPREUKE 5:9 sodat jy nie jou bloei aan ander gee en jou jare aan een wat onbarmhartig is nie;
SPREUKE 5:10 sodat vreemdes hulle nie versadig met jou vermoŽ en jou moeitevolle arbeid in die huis van 'n uitlander kom nie
SPREUKE 5:11 en jy uiteindelik moet steun as jou liggaam en jou vlees verteer is,
SPREUKE 5:12 en moet sÍ: Hoe het ek die tug gehaat en my hart die kastyding versmaad,
SPREUKE 5:13 en nie geluister na die stem van my onderwysers en geen gehoor gegee aan die wat my geleer het nie!
SPREUKE 5:14 Amper was ek heeltemal in die ongeluk, in die vergadering en die gemeente.
SPREUKE 5:15 Drink water uit jou eie reŽnbak en strome uit jou eie put.
SPREUKE 5:16 Sal jou fonteine buitentoe oorstroom, waterstrome op die pleine?
SPREUKE 5:17 Hulle moet vir jou alleen wees en nie vir ander saam met jou nie.
SPREUKE 5:18 Mag jou fontein geseŽnd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug--
SPREUKE 5:19 die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees.
SPREUKE 5:20 Maar waarom sou jy, my seun, by 'n vreemde bedwelmd raak en die boesem van 'n ontugtige omhels?
SPREUKE 5:21 Want elke mens se weŽ is voor die oŽ van die HERE, en Hy weeg al sy gange.
SPREUKE 5:22 Sy eie ongeregtighede vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou.
SPREUKE 5:23 Hy sal sterf deur gebrek aan tug, en deur die grootheid van sy dwaasheid sal hy dwaal.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500