Die Evangelie volgens Johannes 20 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
JOHANNES 20:1 En op die eerste dag van die week kom Maria Magdaléna vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was.
JOHANNES 20:2 Sy hardloop toe en kom by Simon Petrus en by die ander dissipel vir wie Jesus liefgehad het, en sę vir hulle: Hulle het die Here uit die graf weggeneem, en ons weet nie waar hulle Hom neergelę het nie.
JOHANNES 20:3 Toe gaan Petrus en die ander dissipel uit en kom by die graf.
JOHANNES 20:4 En die twee het saam gehardloop, en die ander dissipel het vooruit gehardloop, vinniger as Petrus, en eerste by die graf gekom.
JOHANNES 20:5 En terwyl hy neerbuk, sien hy die doeke lę; maar hy het nie ingegaan nie.
JOHANNES 20:6 Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die doeke lę;
JOHANNES 20:7 en die doek wat op sy hoof was, sien hy nie by die doeke lę nie, maar opgerol op een plek afsonderlik.
JOHANNES 20:8 Daarop het ook die ander dissipel wat eerste by die graf gekom het, ingegaan, en hy het gesien en geglo.
JOHANNES 20:9 Want hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Hy uit die dode moes opstaan nie.
JOHANNES 20:10 En die dissipels het weer huis toe gegaan.
JOHANNES 20:11 Maar Maria het buitekant by die graf gestaan en ween; en terwyl sy ween, buk sy na die graf toe
JOHANNES 20:12 en sien twee engele daar sit met wit klere aan, een by die hoof en een by die voete waar die liggaam van Jesus gelę het.
JOHANNES 20:13 En hulle sę vir haar: Vrou, waarom ween jy? Sy antwoord hulle: Omdat hulle my Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle Hom neergelę het nie.
JOHANNES 20:14 En toe sy dit gesę het, draai sy haar om agtertoe en sien Jesus staan, en sy het nie geweet dat dit Jesus was nie.
JOHANNES 20:15 Jesus sę vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sę vir my waar u Hom neergelę het, en ek sal Hom wegneem.
JOHANNES 20:16 Jesus sę vir haar: Maria! Sy draai haar om en sę vir Hom: Rabboeni! dit beteken Meester.
JOHANNES 20:17 Jesus sę vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sę vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.
JOHANNES 20:18 Maria Magdaléna het aan die dissipels gaan vertel dat sy die Here gesien het en dat Hy dit vir haar gesę het.
JOHANNES 20:19 En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesę: Vrede vir julle!
JOHANNES 20:20 En nadat Hy dit gesę het, wys Hy hulle sy hande en sy sy. En die dissipels was bly toe hulle die Here sien.
JOHANNES 20:21 Jesus sę toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.
JOHANNES 20:22 En nadat Hy dit gesę het, blaas Hy op hulle en sę vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.
JOHANNES 20:23 As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou.
JOHANNES 20:24 En Thomas wat genoem word Dídimus, een van die twaalf, was nie saam met hulle toe Jesus gekom het nie.
JOHANNES 20:25 Die ander dissipels sę toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy het vir hulle gesę: As ek nie in sy hande die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.
JOHANNES 20:26 En agt dae daarna was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle. En Jesus het gekom terwyl die deure gesluit was, en het in hul midde gestaan en gesę: Vrede vir julle!
JOHANNES 20:27 Daarna sę Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig.
JOHANNES 20:28 En Thomas antwoord en sę vir Hom: My Here en my God!
JOHANNES 20:29 Jesus sę vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.
JOHANNES 20:30 Nog baie ander tekens het Jesus voor sy dissipels gedoen wat in hierdie boek nie beskrywe is nie;
JOHANNES 20:31 maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hę in sy Naam.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase