South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Die Evangelie volgens Mattheus 10

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28]

MATTHEUS 10:1 En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.
MATTHEUS 10:2 En dit is die name van die twaalf apostels: die eerste Simon wat Petrus genoem word, en Andréas, sy broer; Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer;
MATTHEUS 10:3 Filippus en Bartholoméüs; Thomas en Matthéüs, die tollenaar; Jakobus, die seun van Alféüs, en Lebbéüs wat genoem word Thaddéüs;
MATTHEUS 10:4 Simon Kananítes en Judas Iskáriot, die een wat Hom verraai het.
MATTHEUS 10:5 Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie;
MATTHEUS 10:6 maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.
MATTHEUS 10:7 En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
MATTHEUS 10:8 Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.
MATTHEUS 10:9 Moenie vir julle goud of silwer of koper in julle beurse aanskaf nie;
MATTHEUS 10:10 geen reissak vir die pad of twee kledingstukke of skoene of 'n stok nie; want die arbeider is sy voedsel werd.
MATTHEUS 10:11 En in watter stad of dorp julle ook al mag ingaan, ondersoek wie daarin waardig is, en bly dáár totdat julle vertrek.
MATTHEUS 10:12 En as julle die huis ingaan, groet dit;
MATTHEUS 10:13 en as die huis dit waardig is, laat julle vrede daarop kom, maar as dit nie waardig is nie, laat julle vrede na julle terugkeer.
MATTHEUS 10:14 En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af.
MATTHEUS 10:15 Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir die land van Sodom en Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad.
MATTHEUS 10:16 Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.
MATTHEUS 10:17 Maar pas op vir die mense; want hulle sal jul oorlewer aan regbanke, en in hulle sinagoges sal hulle julle gésel.
MATTHEUS 10:18 En ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word om My ontwil tot 'n getuienis vir hulle en vir die heidene.
MATTHEUS 10:19 Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek;
MATTHEUS 10:20 want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek.
MATTHEUS 10:21 Maar die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak.
MATTHEUS 10:22 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
MATTHEUS 10:23 En wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe. Want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kry voordat die Seun van die mens kom nie.
MATTHEUS 10:24 'n Leerling is nie bo die meester nie en 'n dienskneg ook nie bo sy heer nie.
MATTHEUS 10:25 Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg soos sy heer. As hulle die heer van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote!
MATTHEUS 10:26 Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.
MATTHEUS 10:27 Wat Ek vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke.
MATTHEUS 10:28 En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
MATTHEUS 10:29 Word twee mossies nie vir 'n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.
MATTHEUS 10:30 En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.
MATTHEUS 10:31 Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.
MATTHEUS 10:32 Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.
MATTHEUS 10:33 Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.
MATTHEUS 10:34 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.
MATTHEUS 10:35 Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen 'n man en sy vader, en tussen 'n dogter en haar moeder, en 'n skoondogter en haar skoonmoeder.
MATTHEUS 10:36 En 'n mens se huisgenote sal sy vyande wees.
MATTHEUS 10:37 Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.
MATTHEUS 10:38 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.
MATTHEUS 10:39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
MATTHEUS 10:40 Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
MATTHEUS 10:41 Wie 'n profeet ontvang omdat hy 'n profeet is, sal die loon van 'n profeet ontvang; en wie 'n regverdige ontvang omdat hy 'n regverdige is, sal die loon van 'n regverdige ontvang.
MATTHEUS 10:42 En elkeen wat een van hierdie kleintjies net 'n beker kou water laat drink, omdat hy 'n dissipel is, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500