South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Die Evangelie volgens Mattheus 23

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28]

MATTHEUS 23:1 Toe het Jesus die skare en sy dissipels toegespreek
MATTHEUS 23:2 en gesÍ: Die skrifgeleerdes en die FariseŽrs sit op die stoel van Moses.
MATTHEUS 23:3 Alles wat hulle dan vir julle mag sÍ om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie.
MATTHEUS 23:4 Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie.
MATTHEUS 23:5 En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseŽls breed en die some van hul klere groot.
MATTHEUS 23:6 En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges
MATTHEUS 23:7 en die begroetinge op die markte en om deur die mense genoem te word: Rabbi, Rabbi!
MATTHEUS 23:8 Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders.
MATTHEUS 23:9 En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is.
MATTHEUS 23:10 Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus.
MATTHEUS 23:11 Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees.
MATTHEUS 23:12 Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.
MATTHEUS 23:13 Maar wee julle, skrifgeleerdes en FariseŽrs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.
MATTHEUS 23:14 Wee julle, skrifgeleerdes en FariseŽrs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle 'n swaarder oordeel ontvang.
MATTHEUS 23:15 Wee julle, skrifgeleerdes en FariseŽrs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom 'n kind van die hel, twee maal erger as julle self.
MATTHEUS 23:16 Wee julle, blinde leiers, julle wat sÍ: Elkeen wat sweer by die tempel--dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is gebonde.
MATTHEUS 23:17 Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, of die tempel wat die goud heilig?
MATTHEUS 23:18 En: Elkeen wat sweer by die altaar--dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die gawe daar bo-op, hy is gebonde.
MATTHEUS 23:19 Julle dwase en blindes, want wat is meer: die gawe, of die altaar wat die gawe heilig?
MATTHEUS 23:20 Wie dan sweer by die altaar, sweer dŠŠrby en by alles wat daarop is;
MATTHEUS 23:21 en wie sweer by die tempel, sweer dŠŠrby en by Hom wat daarin woon;
MATTHEUS 23:22 en wie sweer by die hemel, sweer by die troon van God en by Hom wat daarop sit.
MATTHEUS 23:23 Wee julle, skrifgeleerdes en FariseŽrs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle nŠ: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.
MATTHEUS 23:24 Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk!
MATTHEUS 23:25 Wee julle, skrifgeleerdes en FariseŽrs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.
MATTHEUS 23:26 Blinde FariseŽr, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.
MATTHEUS 23:27 Wee julle, skrifgeleerdes en FariseŽrs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.
MATTHEUS 23:28 So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.
MATTHEUS 23:29 Wee julle, skrifgeleerdes en FariseŽrs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges;
MATTHEUS 23:30 en julle sÍ: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie.
MATTHEUS 23:31 Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het.
MATTHEUS 23:32 Maak die maat van julle vaders dan vol!
MATTHEUS 23:33 Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?
MATTHEUS 23:34 Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gťsel en van die een stad na die ander vervolg,
MATTHEUS 23:35 sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van SagarŪa, die seun van Berťgja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar.
MATTHEUS 23:36 Voorwaar Ek sÍ vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.
MATTHEUS 23:37 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig diť wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos 'n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!
MATTHEUS 23:38 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!
MATTHEUS 23:39 Want Ek sÍ vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sÍ: GeseŽnd is Hy wat kom in die Naam van die Here!

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500