South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Job 10

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42]

JOB 10:1 Ek walg van my lewe; ek wil my geklaag die vrye loop gee; ek wil spreek in die bitterheid van my siel.
JOB 10:2 Ek s tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis.
JOB 10:3 Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn?
JOB 10:4 Het U vleeslike o? Of sien U soos 'n mens sien?
JOB 10:5 Is u dae soos die dae van 'n mens, of u jare soos die dae van 'n man?
JOB 10:6 dat U soek na my ongeregtigheid en vra na my sonde,
JOB 10:7 ofskoon U weet dat ek nie skuldig is nie en dat daar niemand is wat uit u hand kan red nie?
JOB 10:8 U hande het my geformeer en my gemaak, heeltemal rondom; en U vernietig my!
JOB 10:9 Bedink tog dat U my soos klei gevorm het, en wil U my tot stof laat terugkeer?
JOB 10:10 Het U my nie soos melk uitgegiet en my soos kaas laat dik word nie?
JOB 10:11 Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg.
JOB 10:12 Die lewe, ja, guns het U aan my bewys, en u sorg het my gees bewaak.
JOB 10:13 Maar daarby het U dt verberg in u hart, ek weet dat dt u toeleg was:
JOB 10:14 As ek gesondig het, sou U my waarneem en my nie vryspreek van my ongeregtigheid nie.
JOB 10:15 Was ek skuldig--wee my! En was ek regverdig, ek sou my hoof nie kon ophef nie, sat van skande en bewus van my ellende.
JOB 10:16 En as my hoof hom ophef, sou U my jaag soos 'n leeu en U opnuut wonderbaarlik teenoor my gedra.
JOB 10:17 U sou altyd nuwe getuies teen my bring en u grimmigheid teen my vermeerder--altyd nuwe lerafdelings teen my!
JOB 10:18 Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat 'n oog my gesien het.
JOB 10:19 Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het.
JOB 10:20 Is my dae nie min nie? Laat Hy ophou, my laat staan, dat ek 'n bietjie vrolik kan wees,
JOB 10:21 voordat ek heengaan--en nie terugkom nie--na die land van duisternis en doodskaduwee,
JOB 10:22 'n land van donkerheid, soos middernag, van doodskaduwee en wanorde, en dit gee 'n skynsel--soos middernag!

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500