Job 37 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
JOB 37:1 Ja, hiervoor beef my hart en spring op uit sy plek.
JOB 37:2 Luister, luister na die gedruis van sy stem en die dreuning wat uit sy mond uitgaan.
JOB 37:3 Onder die ganse hemel laat Hy dit los en sy lig oor die eindes van die aarde.
JOB 37:4 Daarna brul sy stem, Hy donder met sy stem vol majesteit en hou die bliksems nie terug as sy stem gehoor word nie.
JOB 37:5 God donder wonderbaar met sy stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is.
JOB 37:6 Want Hy gebied die sneeu: Val op die aarde! Ook die stortreën, ja, sy geweldige stortreëns.
JOB 37:7 Hy verseël die hand van elke mens in die winter, sodat tot kennis kan kom al die mense wat Hy gemaak het.
JOB 37:8 Dan gaan die wilde diere in skuilhoeke en bly in hulle lêplekke.
JOB 37:9 Uit sy kamer kom die stormwind, en deur die wolkverstrooiers koue.
JOB 37:10 Deur die asem van God word ys gegee, en die wye waters lê vas in die engte.
JOB 37:11 Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk;
JOB 37:12 en dit skiet oral rond volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel oor die wye wêreldrond:
JOB 37:13 óf tot 'n tugroede, óf tot nut van sy aarde, óf tot weldadigheid laat Hy dit sy doel vind.
JOB 37:14 Luister hierna, o Job! Staan stil en gee ag op die wonders van God.
JOB 37:15 Begryp u hoe God hulle bevel gee en die lig van sy wolk laat flikker?
JOB 37:16 Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van die Volmaakte in kennis?
JOB 37:17 U, wie se klere warm word as die aarde stil is vanweë die suidewind--
JOB 37:18 kan u saam met Hom die hemel uitbrei wat vas is soos 'n gegote spieël?
JOB 37:19 Onderrig ons wat ons aan Hom moet sê: ons kan niks voorbring vanweë die duisternis nie.
JOB 37:20 Moet dit Hom vertel word dat ek wil spreek? Of het iemand ooit gesê dat hy vernietig wil word?
JOB 37:21 En nou, 'n mens kan die lig nie aansien wat helder is in die hemel as die wind verbygegaan en dit skoongemaak het nie.
JOB 37:22 Uit die Noorde kom goud te voorskyn, maar oor God is daar ontsagwekkende majesteit.
JOB 37:23 Die Almagtige--ons vind Hom nie; Hy is groot van krag, maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.
JOB 37:24 Daarom vrees die mense Hom; almal wat eiewys is, sien Hy nie aan nie.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase