South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Job 20

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42]

JOB 20:1 Toe het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:
JOB 20:2 Daarom juis antwoord my gedagtes my, en wel weens my haastigheid in my.
JOB 20:3 'n Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my.
JOB 20:4 Weet jy wel dit wat van altyd af was, vandat die mens op die aarde gemaak is:
JOB 20:5 dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir 'n oomblik?
JOB 20:6 Al klim sy hoogheid na die hemel toe op, en al raak sy hoof aan die wolke--
JOB 20:7 soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy?
JOB 20:8 Soos 'n droom vlieg hy weg, sodat 'n mens hom nie meer vind nie; en hy word verjaag soos 'n naggesig.
JOB 20:9 Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie.
JOB 20:10 Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee.
JOB 20:11 Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam lê dit in die stof.
JOB 20:12 Al smaak die kwaad soet in sy mond, al verberg hy dit onder sy tong,
JOB 20:13 al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laat vaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte--
JOB 20:14 tog word sy voedsel in sy ingewande verander, dit word gal van adders in sy binneste.
JOB 20:15 Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg.
JOB 20:16 Die gif van adders suig hy in, die tong van 'n slang maak hom dood.
JOB 20:17 Hy mag hom nie verlustig in beke, in vloeiende strome van heuning en dikmelk nie.
JOB 20:18 Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie.
JOB 20:19 Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; 'n huis het hy geroof, maar hy sal dit nie opbou nie.
JOB 20:20 Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap met sy kosbare goed nie.
JOB 20:21 Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie.
JOB 20:22 By die volheid van sy oorvloed sal hy benoud wees: al die hande van ellendiges oorval hom.
JOB 20:23 Om sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur sy toorngloed, en Hy sal dit op hom laat reën as sy voedsel.
JOB 20:24 Hy sal vlug vir die ysterwapens--'n koperboog sal hom deurboor.
JOB 20:25 Hy trek--daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal; verskrikkinge is op hom!
JOB 20:26 Pure duisternis is bewaar vir sy skatte; 'n vuur wat nie deur mense aangeblaas is nie, verteer hom; dit wei af wat in sy tent oorbly.
JOB 20:27 Die hemel openbaar sy ongeregtigheid, en die aarde staan teen hom op.
JOB 20:28 Weggevoer word die opbrings van sy huis--goed wat wegspoel op die dag van sy toorn.
JOB 20:29 Dit is die deel van die goddelose mens van die kant van God en die erfdeel wat vir hom bestem is deur God.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500