Job 21 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
JOB 21:1 Maar Job het geantwoord en gesê:
JOB 21:2 Luister goed na my rede, en laat dit die vertroostinge wees wat julle aanbied.
JOB 21:3 Verdra my, dat ek ook kan spreek; en nadat ek gespreek het, kan jy spot.
JOB 21:4 Wat my aangaan, geld my geklaag dan 'n mens? Of waarom sou ek nie ongeduldig word nie?
JOB 21:5 Kyk my aan, en wees verskrik; en lê die hand op die mond.
JOB 21:6 Ja, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan.
JOB 21:7 Waarom bly die goddelose lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag?
JOB 21:8 Hulle nakomelinge bestaan voor hulle in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë.
JOB 21:9 Hul huise het vrede, sonder skrik; en die roede van God is op hulle nie.
JOB 21:10 Sy stier bespring en mis nie; sy koei kalf en het geen misdrag nie.
JOB 21:11 Hulle laat hul jong seuns loop soos 'n trop kleinvee, en hul kinders spring rond.
JOB 21:12 Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit.
JOB 21:13 In voorspoed slyt hulle hul dae, en in 'n oomblik sink hulle in die doderyk af.
JOB 21:14 Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie.
JOB 21:15 Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring?
JOB 21:16 (Kyk, hulle voorspoed is nie in húl hand nie: die gesindheid van die goddelose is ver van my!)
JOB 21:17 Hoe selde gaan die lamp van die goddelose dood en oorval hul ondergang hulle! Deel Hy smarte uit in sy toorn,
JOB 21:18 word hulle soos strooi voor die wind, en soos kaf wat die stormwind wegvoer?
JOB 21:19 Julle sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Ek sê: Hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel!
JOB 21:20 Sy eie oë moes sy ongeluk sien, en sélf moes hy drink van die grimmigheid van die Almagtige.
JOB 21:21 Want wat gee hy om sy huis ná hom as die getal van sy maande afgesny is?
JOB 21:22 Wil iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel?
JOB 21:23 Die een sterwe in volkome geluk, heeltemal gerus en tevrede.
JOB 21:24 Sy emmers is vol melk, en die murg van sy gebeente word deur en deur bevogtig.
JOB 21:25 Die ander daarenteen sterwe met bitterheid van siel sonder dat hy van die goeie geniet het.
JOB 21:26 Saam lê hulle in die stof, en die wurms oordek hulle.
JOB 21:27 Kyk, ek ken julle gedagtes en die slim planne waarmee julle gewelddadig teen my optree.
JOB 21:28 As julle sê: Waar is die huis van die tiran, en waar die woontent van die goddelose--
JOB 21:29 het julle dan nie navraag gedoen by die reisigers nie (hulle bewyse kan julle tog nie loën nie!):
JOB 21:30 dat die kwaaddoeners gespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van grimmigheid?
JOB 21:31 Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel--wie sal hom dit vergeld?
JOB 21:32 Dan word hy na die graf gebring, en hulle sorg vir sy grafheuwel.
JOB 21:33 Sag lê op hom die kluite van die dal; en agter hom trek al die mense aan soos daar ontelbares voor hom gewees het.
JOB 21:34 Hoe troos julle my dan op so 'n nietige manier? En julle antwoorde--net troubreuk bly oor!
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase