Job 41 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
JOB 41:1 Niemand is so vermetel, dat hy hom durf terg nie; wie is hy dan wat voor My sou standhou?
JOB 41:2 Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne.
JOB 41:3 Ek wil nie swyg oor sy lede en hoe dit staan met sy kragsvolheid en die skoonheid van sy uitrusting nie.
JOB 41:4 Wie het die boonste van sy pantser opgelig? In sy dubbele gebit--wie kan daarin deurdring?
JOB 41:5 Die deure van sy gesig--wie het dit geopen? Rondom sy tande is verskrikking.
JOB 41:6 'n Voorwerp van trots is die groewe van die skilde, verseël met 'n vaste seël.
JOB 41:7 Die een is so naby die ander, dat die wind daar nie tussenin kan kom nie.
JOB 41:8 Hulle kleef aanmekaar, hou aanmekaar vas, onafskeibaar.
JOB 41:9 Sy genies laat lig skitter, en sy oë is soos die ooglede van die dageraad.
JOB 41:10 Uit sy mond kom fakkels, spat vuurvonke uit.
JOB 41:11 Uit sy neusgate kom rook, soos uit 'n kokende pot met biesiesvuur daarby.
JOB 41:12 Sy asem laat kole ontvlam, en 'n vlam gaan uit sy mond.
JOB 41:13 In sy nek woon sterkte, en voor hom uit spring ontsteltenis.
JOB 41:14 Die klompe van sy vleis is vas aanmekaar, aan hom vasgegiet, onbeweeglik.
JOB 41:15 Sy hart is hard soos 'n klip, ja, hard soos die onderste meulsteen.
JOB 41:16 As hy hom oplig, word die magtiges bang; van verbystering raak hulle buite hulself.
JOB 41:17 Raak iemand hom met die swaard--dit hou nie stand nie; geen spies, lans of assegaai nie.
JOB 41:18 Yster is vir hom soos strooi; koper soos hout wat vergaan het.
JOB 41:19 Die pyl laat hom nie vlug nie; slingerstene word vir hom soos stoppels.
JOB 41:20 Knopkieries is vir hom soos stoppels, en hy lag oor die gesuis van die lans.
JOB 41:21 Onderaan hom is spits skerwe: hy sprei 'n ware dorsslee uit op die modder.
JOB 41:22 Hy laat die diepte kook soos 'n pot; die waterplas maak by soos 'n kokende salfpot.
JOB 41:23 Agter hom verlig hy die pad: 'n mens sou die watervloed aansien vir grys hare.
JOB 41:24 Sy gelyke is daar op die aarde nie, die skepsel sonder vrees.
JOB 41:25 Hy kyk alles aan wat hoog is; hy is koning oor al die trotse roofdiere.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase