Job 32 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
JOB 32:1 Toe het dié drie manne opgehou om Job te antwoord, omdat hy in sy eie oë regverdig was.
JOB 32:2 En die toorn van Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, uit die geslag van Ram, het ontvlam; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy homself regverdig beskou het voor God.
JOB 32:3 Sy toorn het ook ontvlam teen sy drie vriende, omdat hulle geen antwoord gevind het nie en Job veroordeel het.
JOB 32:4 Maar Elíhu het op Job gewag met sy woorde, omdat hulle ouer was as hy.
JOB 32:5 Maar toe Elíhu sien dat daar geen antwoord was in die mond van die drie manne nie, het sy toorn ontvlam.
JOB 32:6 En Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, het begin en gesê: Ek is jonk, en u is hoogbejaard; daarom was ek beskroomd en het gevrees om my kennis aan u mee te deel.
JOB 32:7 Ek het gesê: Laat die dae spreek en die veelheid van jare wysheid te kenne gee.
JOB 32:8 Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak.
JOB 32:9 Nie die bejaardes is wys nie, en nie die oues verstaan wat reg is nie.
JOB 32:10 Daarom sê ek: Luister na my; ek wil ook my kennis meedeel.
JOB 32:11 Kyk, ek het gewag op u woorde; ek wou luister na verstandige taal van u, totdat u die regte woorde uitgevind het.
JOB 32:12 En ek het op u ag gegee; maar kyk: daar was niemand wat Job weerlê het nie, niemand van u wat sy woorde beantwoord het nie.
JOB 32:13 Sê maar net nie: Ons het wysheid aangetref, God alleen kan hom verslaan, geen mens nie.
JOB 32:14 Teen my tog het hy geen woorde ingebring nie; en met u redeneringe sal ek hom nie beantwoord nie.
JOB 32:15 Hulle staan verslae; hulle antwoord nie meer nie; die woorde laat hulle in die steek.
JOB 32:16 Sal ek dan wag, omdat hulle nie spreek nie, omdat hulle daar staan sonder antwoord?
JOB 32:17 Ek wil ook my deel antwoord; ek wil ook my kennis meedeel.
JOB 32:18 Want ek is vol woorde; die gees in my binneste dring my.
JOB 32:19 Kyk, my binneste is soos wyn wat geen opening het nie, soos nuwe leersakke wil dit bars.
JOB 32:20 Ek wil spreek om lug te kry, my lippe oopmaak en antwoord gee.
JOB 32:21 Ek wil nie partydig wees nie; en 'n mens vlei, sal ek nie.
JOB 32:22 Want ek verstaan nie om te vlei nie; gou sou my Maker my wegneem!
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase